Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC slaan bollemakiesie oor terugtrek van Ace-verklaring

Die ANC het Woensdagmiddag weer van besluit verander en gaan nie sy veroordelende verklaring teen Sondagkoerante en die joernalis Pieter-Louis Myburgh oor sy boek oor Ace Magashule, sekretaris-generaal van die party, herroep nie.

“Nadat ons ’n regsmening ingewin het, is ons aangeraai om nie ons verklaring terug te trek nie,” het Dakota Legoete, die party se waarnemende woordvoerder, gesê.

Hy het gesê die party is aangeraai om nie die verklaring terug te trek nie, omdat ’n klag by die Persraad ingedien is en dit in die hof kan beland.

Legoete het Maandagaand bevestig dat Magashule die bewerings teen hom self sal hanteer, maar hy het bygevoeg dat die ANC nie sy snydende verklaring sal terugtrek waarin hy na die koerante en Myburgh as “Stratcom” verwys het en hulle van propaganda beskuldig het nie.

Legoete het egter Woensdagoggend ’n ander deuntjie gesing toe hy met Kieno Kammies van CapeTalk op die radiostasie se ontbytprogram gepraat het. Toe het hy weer gesê die ANC sal beslis sy verklaring terugtrek.

Teen Woensdagmiddag het die party se waarnemende woordvoerder weer van standpunt verander.

“Die moontlikheid om die verklaring terug te trek sal eers ná behoorlike prosesse oorweeg word,” het Legoete toe gesê en om verskoning gevra vir die misverstand wat hy veroorsaak het.

Dit het gekom nadat die sekretaris-generaal Maandag op ’n spesiale vergadering van die nasionale uitvoerende komitee gehoor het “hy is nie by magte om ’n verklaring” oor sy persoonlike kwessies deur die partykanale uit te reik nie.

In Myburgh se jongste boek, Gangster State: Unraveling Ace Magashule’s Web of Capture word ’n aantal ernstige aantygings gemaak teen Magashule toe hy nog provinsiale voorsitter en premier van die Vrystaat was. Dit sluit in die gebruik van ondemokratiese middele om aan die bewind te bly, die beïnvloeding van die toeken van staatstenders en kontrakte asook om 10% van die waarde van kontrakte wat toegeken is vir homself te eis.


Meer oor:  Politiek  |  Ace Magashule  |  Korrupsie  |  Anc  |  Verklaring
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.