Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC speel nie saam met Survé bal nie

Die ANC in die Wes-Kaap het ’n skenking van R1 miljoen van die omstrede sakeman dr. Iqbal Survé wat “die demokrasie vir die nasionale en provinsiale verkiesings (moes) verdiep”, teruggegee.

Khaya Magaxa
Khaya Magaxa Foto: Melinda Stuurman

Die party het Dinsdag gesê dat hy sy provinsiale tesourier opdrag gegee het om die geld onmiddellik aan Survé, voorsitter van die Sekunjalo-groep en Independent Media, terug te betaal.

Khaya Magaxa, waarnemende provinsiale ANC-voorsitter, het Dinsdag in ’n verklaring gesê dat die party deur die verloop van sy verkiesingsveldtog deur baie individue en organisasies genader is wat die herlewing en hernuwing van die ANC, sowel as die hernieude golf van vertroue in die ekonomie en land wil ondersteun.

“Ná deeglike assessering besluit ons of ons ’n spesifieke skenking sal aanvaar en hoe dit gebruik sal word.

“Weens die feit dat dit drie dae voor die verkiesing gebeur het, het ons nie tyd gehad om sodanige assessering te doen of om te oorweeg hoe so ’n skenking gesien kan word nie gegewe die onthullings wat (onlangs) by die kommissie van ondersoek na bewerings van onbehoorlikhede by Openbare Beleggingskorporasie (OBK) gemaak is.

“Ons bly vol vertroue dat, ondanks die feit dat ons alle hulp in dié stadium nodig het, dit die regte ding is om die geld terug te gee,” sê Magaxa.

News24 het vroeër berig hoe Survé Sondagaand die geld by ’n Kaapstadse restaurant aan die ANC geskenk het omdat hy “demokrasie wil verdiep vir die nasionale en provinsiale verkiesing in 2019”.

Sy voorwaarde vir die skenking was glo dat “hy nie iets in ruil vir die geld van die ANC wil hê nie”.

Survé wou met die skenking verseker dat die ANC se 15 000 vrywilligers iets het en dat kiesers na stemlokale aangery word.

Survé het vroeër voor die OBK-ondersoek getuig oor bewerings van omstrede beleggings wat die OBK in van sy maatskappye gemaak het.

Meer oor:  Iqbal Survé  |  Anc  |  Skenking  |  Verkiesing 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.