Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC stel klagte teen Hofmeyr uit

Die ANC het besluit om die klagte wat hy wil indien teen die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr, uit te stel nadat die party Woensdagaand aangedui het dat hy Donderdagoggend om 11:00 klagte teen Hofmeyr in Kaapstad aanhangig sou maak.

Dit volg nadat Hofmeyr op Twitter teen Zindzi Mandela-Hlongwane, Suid-Afrikaanse ambassadeur in Denemarke, en Phumzile van Damme, DA-LP, uitgevaar het.

Pule Mabe, ANC-woordvoerder, sê die ANC het besluit om die klag van crimen injuria teen Hofmeyr tot Maandag uit te stel.

"Die ANC sal nou die klagte teen Hofmeyr op Maandag 24 Junie in Johannesburg aanhangig maak ná sy jongste rassistiese aanmerkings en omdat hy doodsdreigemente teen Van Damme en Mandela-Hlongwane gemaak het."

Mabe sê om klagte teen Hofmeyr in te dien, sal 'n sterk boodskap uitstuur dat rassiste nie plek in die samelewing het nie.

Die ANC het Hofmeyr se twiet, waarin hy geskryf het dat hy Mandela-Hlongwane en Van Damme se "baas" is omdat hy 'n belastingbetaler is, as "barbarisme, wit bevoorregting en giftige manlikheid" beskryf.

Hofmeyr se twiet lui as volg: "Julle SAL spring wanneer ek so sê en julle SAL vra hoe hoog. En wanneer julle kom om ons lewe en grond te vat, SAL julle doodgaan. Ons kontrak is so eenvoudig. En julle moet dit nie vergeet nie."

Meer oor:  Pule Mabe  |  Steve Hofmeyr  |  Kaapstad  |  Johannesburg  |  Doodsdreigemente  |  Wit Bevoorregting  |  Dood  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.