Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC-takke moet sê oor reël: ‘Dit het niks met Ace te make’

’n Brief waarin ANC-lede se mening gevra word oor die party se tugproses het “niks met Ace Magashule te doen nie”.

So sê Paseka Nompondo, Vrystaatse sekretaris van die ANC, wat ook as uitvoerende hoof van die party in die provinsie beskou word.

Die ANC het in 2017 op sy konferensie in Nasrec, Johannesburg, besluit dat ANC-lede summier geskors kan word as hulle nie vrywillig terugstaan of ’n aanvaarbare verduideliking oor tug- of strafregtelike klagte teen hulle kan gee nie.

Nompondo het die brief onderteken wat aan die Vrystaatse ANC-takke en -strukture gestuur is.

Nompondo sê die vraag wat in die brief gevra word, is bloot hoe die takke en streekstrukture van die ANC in die Vrystaat daaroor voel en dit is in opdrag van die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) gedoen.

Nompondo is ook lid van die NUK.

Volgens die brief sal die kommentare aan die NUK gestuur word.

Thabo Meeko, woordvoerder van die ANC in die Vrystaat (links), en Paseka Nompondo, sekretaris. Foto: Mlungisi Louw, Argief

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC en voormalige Vrystaatse premier, word van bedrog, korrupsie en geldwassery van meer as R250 miljoen aangekla.

Magashule het verlede maand op ’n nuuskonferensie gesê hy sal nie opsy staan nie en dat die NUK dié saak aan ANC-takke voorlê sodat ’n besluit geneem kan word.

Nompondo sê egter hulle vra nie of ANC-lede meen dat spesifiek Magashule opsy moet staan of nie.

“Dit is nie wat die NUK vra nie. Die lede moet hul sienswyses boekstaaf oor ’n ANC-besluit en of dit strydig is met die land se wette wat bepaal dat iemand onskuldig is totdat hy skuldig bevind word.”

Volgens die brief gedateer 1 Maart 2021, wat Netwerk24 onder oë gehad het, het die NUK op sy vergadering van 13 en 14 Februarie besluit om die partystrukture om kommentaar te nader.

Nompondo vra in die brief dat die lede se kommentaar hom nie later nie as 15 Maart 2021 bereik.

’n Breedvoerige uiteensetting van riglyne en prosesse vir die implementering van die 54ste nasionale konferensie van die ANC se besluit oor geloofwaardigheid en integriteit wanneer met korrupsie en die stryd teen misdaad en korrupsie gehandel word, is saam met die brief uitgestuur.

Meer oor:  Paseka Nompondo  |  Vrystaat  |  Bloemfontein  |  Ace Magashule  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.