Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC vra Masondo om te bedank

Die ANC se integriteitskomitee het David Masondo, adjunkminister van finansies, gevra om uit sy rol in die regering en die ANC te tree.

George Mashamba, voorsitter van die komitee, het aan Masondo geskryf en hom gevra om vrywillig te bedank gegewe die aantygings teen hom dat hy sy invloed as adjunkminister gebruik het om sy voormalige minnares deur die Valke te laat teiken.

“Jou dade het die organisasie se naam oneer aangedoen. Deur dit te erken en verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar, bewys jy jou lojaliteit aan die organisasie en aan die ideale waarna ons streef,” lui die brief wat News24 gesien het. Die datum op die brief is 18 Julie.

David Masondo, adjunkminister van finansies.

AmaBhungane het verlede jaar berig Masondo het sy invloed en die regering se hulpbronne gebruik om ’n voormalige minnares terug te kry deur haar in hegtenis te laat neem vir afpersing.

WhatsApp-boodskappe tussen hom die 30-jarige vrou, wat gevra het om anoniem te bly, suggereer dit was Masondo (44) wat eerstens geld aangebied het, want hy “wou vrede gehad het” en die geveg tussen hulle tot ’n einde laat kom.

Hy is daarvan beskuldig dat hy die vrou geboelie het om ’n aborsie te kry. Sy wou glo hê die twee families moet skadevergoeding bespreek.

Nadat hy die Valke in kennis gestel het, is die vrou op 17 Augustus 2019 voor haar huis in die noorde van Johannesburg in hegtenis geneem toe sy ’n sak vol kontant aanvaar het van mans wat sy gedink het Masondo verteenwoordig. Dit was toe egter die polisie, volgens AmaBhungane.

Mashamba het gesê dit was swak oordeel om die Valke by ’n persoonlike kwessie te betrek.

Oproepe na Masondo is nie beantwoord nie en Victor Nkwashu, sy prokureur, sê hy kan nie kommentaar lewer op ANC-kwessies nie.

Daar is nog geen kommentaar van die party ontvang nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.