Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC ‘werk aan beleid oor seksuele teistering’

Die ANC sê hy het wel nog nie ’n interne beleid oor seksuele teistering nie, maar verseker die publiek dat hulle deur die Wet op Arbeidsverhoudinge beskerm word teen ongewenste seksuele toenadering by die werk.

Dit was volgens Nocawe Mafu, ’n lid van die party se komitee vir sosiale transformasie, op ’n mediakonferensie Sondag.

Met twee ANC-woordvoerders, Pule Mabe en Zizi Kodwa, wat vrywillig uit hul poste getree het te midde van aantygings oor seksuele teistering, moes die komitee ’n vraag oor seksuele teistering antwoord in wat veronderstel was om ’n manifes-inligtingsessie te wees oor sosiale transformasie.

Bewerings van verkragting is gemaak teen Kodwa, wat ook die hoof van die presidensie is, en Mabe se voormalige persoonlike assistent het hom van seksuele teistering beskuldig.

“Ons erken (as die ANC) dat die beleid oor seksuele teistering nie daar is nie, maar onthou die beleid oor seksuele teistering in die Wet op Arbeidsverhoudinge is die werk van die ANC. Die enigste ding waarvoor jy ons kan verkwalik, is dat die ANC op sy eie nie daardie beleid het nie; ons aanvaar dit en ons werk daaraan,” het Mafu gesê.

“Hoe ons optree, is subjektief, maar dit sal natuurlik reflekteer op die organisasie waaraan ons behoort. Dit is hoekom die ANC onderneem het om, wat die seksuele-teisteringsbeleid betref, besig te raak; ons praat daaroor, is in wisselwerking met ander belanghebbendes, sodat wanneer dit uitkom, dit heg en reflektief is.”

Vrae oor seksuele teistering is gevra nadat Mondli Gungubele, voorsitter van die komitee, die party se manifesverklaring oor sosiale transformasie voorgelees het.

Meer oor:  Pule Mabe  |  Zizi Kodwa  |  Seksuele Teistering  |  Beleid  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.