Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC wil SAL behou

Die ANC wil hê die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) moet ondanks voortslepende bedryfsuitdagings behoue bly.

Dié besluit van die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) is Woensdag in Johannesburg bekend gemaak. Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, het ná die NUK se vergadering in Pretoria aan die media gesê ingryping by die lugdiens is nodig.

“Die vergadering het beklemtoon dat die SAL as ’n nasionale lugdiens behou moet word. Dit sal aansienlike herstrukturering verg, en die kabinet moet die nodige bedryfsbesluite neem,” sê Magashule.

Die lugdiens het Maandag bykans 20 binnelandse en internasionale vlugte gekanselleer. Die SAL is verlede maand in sakeredding geplaas en wag nog op die regering om R2 miljard te bewillig om sy finansiële verpligtinge na te kom.

Die NUK het ook besluit dat die regering SAL se knellende en sogenaamde immergroen kontrakte moet hersien.

Meer volg later.

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, praat Woensdag in Johannesburg op ’n mediakonferensie. Foto: Bonolo Selebano

Meer oor:  Anc  |  Sal  |  Suid-Afriikaanse Lugdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.