Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘ANC wou juis nié ekonomie, banke seermaak’
Dr. Enoch GodongwanaFoto: Argief

Toe die ANC in Desember verlede jaar op sy nasionale konferensie by Nasrec in Johannesburg besluit het om die regering opdrag te gee om onteiening sonder vergoeding regeringsbeleid te maak, was die bedoeling nie om die ekonomie en die banke seer te maak nie.

Dr. Enoch Godongwana, voorsitter van die ANC se ekonomiese transformasiekomitee, sê die ANC het besef enige ontwrigting van die finansiële sektor kan ernstige gevolge vir die ekonomie inhou.

Hy het op ’n mediakonferensie ná die vergadering tussen ’n afvaardiging van die ANC en die landbou-organisasie Agri SA gesê die land se kommersiële banke se blootstelling aan die landbousektor beloop R262 miljard. Die Landbank se blootstelling is R40 miljard.

“Ons het dié besluit geneem met die wete dat ons nie risiko’s in die stelsel skep nie,” het Godongwana gesê.

Die ANC het dit van die begin af duidelik gestel onteiening sonder vergoeding moet op só ’n wyse gedoen word dat dit nie die ekonomie seermaak en voedselproduksie en voedselsekerheid in gevaar stel nie.

Godongwana het ook gesê die ANC stel nie daarin belang om grond en eiendom te nasionaliseer nie.

“Dít is die EFF se standpunt, nie die ANC s’n nie.

“In sommige gevalle sal ons nie vergoeding betaal nie. Dit geld egter nie alle gevalle nie. Die riglyne in die Grondwet is baie duidelik hieroor,” het Godongwana gesê.

“Onteiening sonder vergoeding is nie al waaroor ons vandag gepraat het nie. Dit is wel die punt waaroor ons die meeste verskil het.

“Ons het ook gepraat oor die rol wat landbou kan speel om die ekonomie te help groei.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.