Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC: ‘Zuma se besoek niks met ons te doen’

Die ANC in die Oos-Kaap het nie oudpres. Jacob Zuma se besoek Woensdag aan die Oos-Kaap, toe hy op uitnodiging van die South African Students’ Congress (Sasco) as gasspreker ’n toespraak by die Walter Sisulu-Universiteit (WSU) gelewer het, goedgekeur nie.

Die party se woordvoerder in die provinsie, Gift Ngqondi, het Vrydag aan Netwerk24 bevestig die party is nie in kennis gestel oor Zuma se afspraak nie.

Die ANC se leiers was merkbaar afwesig op die geleentheid. Zuma het tydens sy toespraak ontken dat die staat gekaap is.

Oudpres. Jacob Zuma Foto: Felix Dlangamandla

“Die provinsiale leier, Oscar Mabuyane, was heeldag in vergaderings van die provinsiale uitvoerende komitee (PEC) terwyl Zuma sy toespraak gelewer het,” sê Ngqondi.

“Ons was nie daarvan bewus nie en ons is nie na enige geleentheid genooi nie.”

Ngqondi verduidelik dat Sasco gewoonlik die provinsiale leierskap in kennis stel as hulle ’n lid van die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) na ’n geleentheid nooi. (Zuma is ’n ex officio-lid van die NUK).

“Dit is altyd moeilik om mense te sensor as hulle mense uitnooi, omdat ons ’n vloeibare politieke omgewing is en strukture hul eie uitnodigings uitstuur.

“Ons moet egter onthou dat Sasco ’n onafhanklike politieke studenteorganisasie is.

“Ons hou ons nie op met wat individue doen nie, ons is gemoeid met die mense. Ons kan nie tyd mors met individue nie,” sê Ngqondi.

Zuma het in sy toespraak Woensdag gesê staatskaping is ’n “polities versierde” uitdrukking. Hy het ook gesê die drie vleuels van die staat is nie gekaap nie, en dat dit meer ’n geval was van individue wat besig was met “snaakse dinge” op die kantlyn.

“Wat is staatskaping? ’n Staat bestaan uit drie elemente. Beteken dit die drie vleuels is gekaap? Is dit waar? Verduidelik net die waarheid daaroor. Ons het ’n kommissie wat dit tans ondersoek. Is die staat gekaap?” wou Zuma weet.

“My uitkyk is, en ek stry nie met enigiemand nie, dat hierdie ‘polities versierde’ uitdrukkings is. Daar is geen staat wat gekaap is nie.”

Zuma gaan ook die Nelson Mandelabaai-metro op uitnodiging van Sasco in die komende weke besoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.