Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Angs onder ANC-personeel oor salarisse

ANC-werknemers wat maandeliks sukkel om hul salarisse uit die ANC-bestuur te kry, sê hulle kan nie meer hul kinders se skoolgeld betaal nie en is bang dat hulle uit hul huise gesit kan word.

Die ANC-bestuur stuur allerlei boodskappe aan werknemers, soos Maandagaand laat, dat hulle wel nou geld in die hande gekry het om salarisse te betaal en dan is dit wag en sien met groot angstigheid vir die werknemers.

Nadat die ANC Maandag reeds twee maande agterstallig was met sy salarisbetalings, is daar wel Dinsdagoggend ’n betaling gemaak, maar net vir een maand se salaris – wat beteken salarisbetalings is steeds ’n maand agter.

Ek vra om verskoning vir die swaarkry en onsekerheid wat personeel en hul gesinne ondervind. Dit is betreurenswaardig.

In ’n kennisgewing wat klaarblyklik Saterdag aan ANC-werknemers in opdrag van Paul Mashatile, ANC-tesourier-generaal, gestuur is, is gesê agterstallige salarisse sou Maandag betaal word, hoewel die salarisse ’n dag tevore, op Sondag 25 Julie, inbetaal moes gewees het.

Die kennisgewing is deur Febe Potgieter-Gqubule, hoofbestuurder van die ANC, uitgestuur.

“Ek vra om verskoning vir die swaarkry en onsekerheid wat personeel en hul gesinne ondervind. Dit is betreurenswaardig,” lui die boodskap.

Daar word in die kennisgewing genoem dat die ANC in die laaste 14 maande ondanks die “uitdagings van die pandemie en ’n uitdagende ekonomiese situasie” by sy onderneming hou om werknemers se salarisse te betaal, “al is dit laat”.

Verder word genoem dat dit nou die eerste keer is dat die betaling twee maande agterstallig is.

Maandag was ’n lang en angstige dag vir werknemers toe hul salarisse nog nie inbetaal is nie.

Maandagaand is ’n boodskap uitgestuur waarin genoem is: “Geld vir Junie-salarisse is pas ontvang. Die finansies-afdeling sal môreoggend heel eerste betalings doen.”

Dinsdagoggend het van die ANC-werknemers laat weet hul salarisse is inbetaal. Dit was die salaris vir Junie.

Potgieter-Gqubule het Dinsdag by navraag gesê sy bespreek nie ANC-werknemers se salarisse nie, want dit sal “ongeskik” wees.

’n ANC-beampte wat anoniem wil bly, sê die situasie is kritiek met kollegas wat vrees dat hulle uit hul huis gegooi kan word en dat hulle nie elektrisiteit kan bekostig of hul kinders se skoolgeld kan betaal nie.

Van die ANC-werknemers sê hulle weier om oortyd en oor naweke te werk om druk toe te pas op die ANC-bestuur.

Meer oor:  Febe Potgieter-Gqubule  |  Salarisse  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.