Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Singh getuig verder nadat hy laat aankom

Anoj Singh, voormalige finansiële hoof van Transnet en Eskom, het nie betyds vir vanoggend se sitting van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping opgedaag nie.

’n Hoogs ontevrede adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die Zondo-kommissie, het die sitting vir enkele minute uitgestel om Singh en sy regspan die geleentheid te gee om wel op te daag. Hy het gesê dit is ’n jammerlike situasie.

Teen 10:30 het Zondo gesê hy sien Singh en sy regspan het nog nie by die sitting, wat in die Ou Raadsaal in Johannesburg gehou word, opgedaag nie.

“Ek sien Singh en sy regspan is nog nie hier nie. Dit is onaanvaarbaar. Dit is totaal onaanvaarbaar. Die kommissie werk tot in die aande om sy program klaar te kry,” het Zondo gesê.

Adv. Pule Seleka SC, getuienisleier van die kommissie, het gesê Singh en sy regspan het verskoning gemaak omdat hulle laat is en het gesê hulle is besig om ’n nuwe beëdigde verklaring saam te stel en dit is die rede waarom hulle nie betyds by die sitting is nie.

Die sitting het om 11:30 voortgegaan.

Singh moet verder getuig oor besluite wat hy geneem het in die tyd toe hy die finansiële hoof van Eskom was, asook wat sy verbintenis met die Guptas was.

Hy het vantevore erken dat hy geleenthede by die Guptas se huis in Saxonwold bygewoon het, en het gesê dit was kulturele en godsdienstige geleenthede.

12 Apr. 14:17:39

Die sitting begin.

12 Apr. 14:11:10

Anoj Singh getuig verder ná middagete.

12 Apr. 13:11:59

Die sitting sal weer om 14:10 voortgaan.

12 Apr. 13:11:36

Die sitting verdaag vir middagete.

12 Apr. 11:34:35

Adv. Annelene van den Heever, Singh se regsverteenwoordiger, sê sy is jammer hulle is laat. Van die redes is persoonlik en ander is omdat hulle bloot laat is.

Zondo sê dit is reg, sy het in kamers aan hom verduidelik wat die redes is.

12 Apr. 10:38:42

Teen 10:30 was Singh en sy regspan steeds nie by die kommissie nie.

“Ek sien Singh en sy regspan is nog nie hier nie. Dit is onaanvaarbaar. Dit is totaal onaanvaarbaar. Die kommissie werk tot in die aande om sy program klaar te kry,” sê Zondo.

Die kommissie verdaag tot 11:30.

12 Apr. 10:22:39

Anoj Singh en sy regspan is laat vir vanoggend se verrigtinge. Adjunkhoofregter Raymond Zonso sê dit is 'n jammerlike situasie. Hy stel die sitting uit tot 10:30.

12 Apr. 10:19:21

Die sitting begin.

Meer oor:  Anoj Singh  |  Zondo-Kommissie  |  Jacob Zuma  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.