Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Armes kry grond om self huise te bou

Arm Suid-Afrikaners sal voortaan eerder grond gegee word om self vir hulle huise daarop te bou in plaas van die hop-huise wat die regering voorheen vir hulle gebou het.

Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, het dié beplande beleidsverandering Woensdagmiddag in die parlement bevestig.

Dit nadat Mathibe Mohlala, ’n EFF-LP, tydens ’n vraag-en-antwoordsessie vir Sisulu versoek het om ’n onlangse aankondiging van haar departement te bevestig dat grond pleks van huise aan hawelose mense verskaf sal word.

“Wat het tot dié besluit gelei? Is dit ’n manier van die regering om te erken dat hy daarin misluk het om sy belofte na te kom om huise vir die armes te bou?”

Mohlala wou ook weet hoe die regering die beleidsverandering “korrupsievry” in werking gaan stel.

Ons het terselfdertyd ook grondvergrype in die Wes-Kaap en Gauteng gehad. Ons het met die grondbesetters gepraat en hulle het aangedui dat hulle nie sal omgee om self vir hulle huise te bou nie.

Sisulu het hierop gesê dit is waar dat die regering na ’n nuwe beleid kyk wat mense sal toelaat om huise vir hulself op spesifieke grond te bou.

Volgens haar is dit niks nuuts nie omdat mense in die verlede ook al grond gegee is om self huise daarop te bou. “Dit sal net nou weer gedoen word. Ons het dit besluit omdat ons besef het dat ons baie minder huise weens die Covid-19-pandemie en die staat van inperking sal kan bou.

“Ons het terselfdertyd ook grondvergrype in die Wes-Kaap en Gauteng gehad. Ons het met die grondbesetters gepraat en hulle het aangedui dat hulle nie sal omgee om self vir hulle huise te bou nie.

“Ek benadruk dit omdat dit die mense self se keuse is. Hulle het gesê dat die waglys vir staatshuise baie lank is en dat hulle nie sal omgee om ’n geleentheid te kry om hul eie huise te bou nie.

“Ons het na hulle geluister en daarom wil ons die betrokke beleid as alternatief instel. Ons sal aan die ander kant voortgaan om veral vir hulpbehoewendes huise te bou.”

Volgens Sisulu sal mense wat die grond kry ook die nodige ondersteuning en materiaal kry om hul huise te kan bou.

Sisulu het bygevoeg dat haar departement reeds verskeie munisipaliteite genader het om grond beskikbaar te stel.

“Ons het as toetsgeval reeds in-diepte-gesprekke met die Kaapstad-munisipaliteit daaroor gehad. Ons glo dat hulle ingekoop het daarby.”

Volgens haar gaan die beleidsvoorstel binnekort vir goedkeuring aan die kabinet voorgelê word.

“Ons sal daarna die idee met mense bespreek en dié wat huise wil hê, sal dit steun.

“Ons sal ook die grond waarop huise gebou word van dienste voorsien. Ons gaan die infrastruktuur-bouprogram wat die president bekend gestel het, daarvoor gebruik.

“Dit sal ’n baie bemagtigende proses vir mense wees. Hulle kan die huis van hul grootte en tipe daarop bou en nie sit met die huisies wat ons vir hulle sou bou nie,” het Sisulu gesê.

Ons sal ook die grond waarop huise gebou word van dienste voorsien. Ons gaan die infrastruktuur-bouprogram wat die president bekend gestel het, daarvoor gebruik.

Meer oor:  Behuising  |  Lindiwe Sisulu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.