Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘As LP’s hul toesigwerk goed doen, is kommissies onnodig’

As LP’s hul toesigrolle doeltreffend genoeg uitoefen om die uitvoerende gesag en regering aanspreeklik te hou, sal dit nie nodig wees vir kommissies van ondersoek soos die Zondo-kommissie óf die howe om die parlement daaroor te ondersoek nie.

Kenneth Mmoiemang, ANC-LP van die Noord-Kaap, het dit Woensdag in sy toespraak gesê kort nadat hy amptelik as die nuwe voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) se gekose komitee oor vervoer, staatsdiens en administrasie en openbare werke en infrastruktuur verkies is.

Amos MasondoFoto: Daily Sun

Die NRP, onder voorsitterskap van Amos Masondo, en sy 11 staande komitees het Woensdag almal hul eerste sittings van die nuwe parlementêre termyn gehou, waar die voorsitters van elke komitee hoofsaaklik verkies is.

Die nuwe voorsitters is dieselfde mense wat Ace Magashule, ANC-sekretaris-generaal, verlede week by die parlement as die ANC se kandidate vir daardie poste bekend gemaak het.

Voorsitters van portefeuljekomitees van die Nasionale Vergadering word volgende week amptelik verkies. Die benoemdes vir daardie poste sluit in omstrede figure soos Supra Mahumapelo, voormalige premier van Noordwes, Faith Muthambi, voormalige minister van kommunikasie, en Mosebenzi Zwane, voormalige minister van minerale bronne.

Die res van die nuwe voorsitters van gekose komitees wat Woensdag gekies is, is Maurencia Gillion van die Wes-Kaap (gesondheid en maatskaplike dienste), Elleck Nchabeleng van Limpopo (onderwys en tegnologie, sport, kuns en kultuur), Yunus Carrim van KwaZulu-Natal (finansies), Dikeledi Mahlangu van Mpumalanga (begrotingskomitee), China Dodovu van Noordwes (samewerkende regering en tradisionele sake, menslike nedersetting en water en sanitasie), Shahidabibi Shaikh van Limpopo (sekuriteit en justisie), Tebogo Modise van Noordwes (landelike ontwikkeling en natuurlike hulpbronne), Mandla Rayi van die Oos-Kaap (handel en internasionale betrekkinge), Mmamora Mamaregane van Limpopo (kommunikasie en openbare ondernemings) en Zukiswa Ncitha van die Oos-Kaap (petisies en uitvoerende ondernemings).

Winnie Ngwenya van Gauteng is tot die voorsitter van komitees in die NRP verkies, terwyl Edward Njandu van die Wes-Kaap die sweep vir programmering is.

Verkose komitees speel net soos hul eweknieë in die NV ’n toesigrol oor pres. Cyril Ramaphosa en die res van die uitvoerende gesag om te verseker dat beleide en wette toegepas word. Dit fasiliteer ook openbare deelname in die wetmakende en ander prosesse van die NRP.

Van die probleme kon vroeër aangepak gewees het as die parlement sy oorsigrol gespeel het. Dit is belangrik om te kyk waar die mislukking was sodat maatreëls ingestel kan word om soortgelyke probleme in die toekoms te verhoed.

Mmoiemang het ná sy verkiesing as voorsitter aan Netwerk24 gesê hy het die kwessie oor die Zondo-kommissie net aan LP’s genoem om dit te benadruk dat hulle hul toesigrol ernstig moet opneem en die uitvoerende gesag aanspreeklik moet hou.

“Ek het net benadruk dat ons te alle tye verseker dat ons ons werk doen. Dit moet nie vir kommissies van ondersoek soos Zondo of die howe nodig wees om ondersoek te moet doen of die parlement of LP’s hul oorsigwerk doeltreffend gedoen het of nie,” het Mmoiemang gesê.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie van ondersoek na staatskaping, het vroeër in ’n sitting gesê hy wil ’n spesiale taakspan aanstel om te ondersoek of die parlement sy toesigrol ten opsigte van staatskaping en korrupsie uitgevoer het.

“Van die probleme kon vroeër aangepak gewees het as die parlement sy toesigrol gespeel het. Dit is belangrik om te kyk waar die mislukking was sodat maatreëls ingestel kan word om soortgelyke probleme in die toekoms te verhoed,” het Zondo toe gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.