Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Asem opgehou oor e-tol se toekoms

Gautengers hou hul asem op om te hoor of die omstrede e-tolstelsel op die provinsie se snelweë finaal geskrap gaan word óf nie.

Alle verwagtinge is dat Tito Mboweni, minister van finansies, Woensdag in sy begrotingsrede in die parlement ’n aankondiging gaan doen oor dié omstrede stelsel.

David Makhura, premier van Gauteng, se provinsiale rede Dinsdag in Johannesburg sal egter ook dopgehou word vir ingeval hy iets oor die lot van die e-tolstelsel laat val.

'n E-tol installasie in Gauteng. Foto: Argief

Dit kom veral nadat Solly Msimanga, leier van die DA-koukus in die Gautengse wetgewer, Maandag onder meer gesê het die sage rondom die e-tolstelsel moet dringend beëindig word.

“Die mense van Gauteng verdien om vry te wees van die onregverdige stelsel van belasting wat aan hulle opgedwing is.”

Louisah Modikwe, provinsiale sekretaris van Cosatu in Gauteng, het Maandag ook in ’n verklaring gehoop dat Makhura Dinsdag die skrapping van die e-tolselsel sal aankondig.

Intussen sê Wayne Duvenage, uitvoerende hoof van die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa), alle aanduidings is daar dat die stelsel geskrap gaan word.

“Ons weet dat geen finale tender geadverteer is vir ’n nuwe kontrakteur om die stelsel te bestuur nie en dat die huidige een se kontrak op 3 Maart verval.

“Daarby het Sanral ook al ’n jaar gelede opgehou om dagvaardigings uit te stuur.

Lees ook: Makhura moet sê wat is die plan met e-tol, sê DA

“Niks verbaas ons egter meer oor enigiets wat die regering doen nie. Daarom sal ons maar moet wag en sien wat Mboweni Woensdag hieroor gaan aankondig.”

Howard Dembovsky, voorsitter van die Justice Project, sê hoewel pres. Cyril Ramaphosa verlede jaar aangekondig het ’n ministeriële taakspan wat insluit Mboweni, Makhura en Fikile Mbalula, minister van vervoer, ’n finale besluit oor die e-tolstel aan die kabinet sou voorlê, is daar steeds “geen finale woord oor die toekoms daarvan nie”.

Gesonde verstand sê hulle moet ontslae raak van dié dom ding. Maar dit hang van die politici af oor of hulle die e-tolstelsel sal skrap of nie,
Howard Dembovsky, voorsitter van die Justice Project.

“Mbalula het vroeër aangekondig dat die wysigingswetsontwerp oor die Aarto van Junie vanjaar toegepas sal word. Dit sal onder meer die elektroniese bediening van oortredingskennisgewings toelaat.

“Dit gaan Sanral in ’n goeie posisie laat om dan ook e-tolkennisgewings elektronies na motoriste te kan stuur.”

Volgens Dembovsky sal die Justice Project die grondwetlikheid van die wysigingswetsontwerp in die hof betwis en “gaan dit interessant wees om te sien wat Makhura en Mboweni onderskeidelik in hul provinsiale en begrotingsrede Dinsdag en Woensdag daaroor aankondig”.

“Gesonde verstand sê hulle moet ontslae raak van dié dom ding. Maar dit hang van die politici af oor of hulle die e-tolstelsel sal skrap of nie,” sê Dembovsky.

Ayanda Allie-Paine, Mbalula se woordvoerder, het nie op navrae oor die kwessie gereageer nie.

Mboweni het in sy mediumtermynbegrotingsraamwerk in Oktober Gautengers gevra om aan te hou om hul e-tolrekeninge te betaal. Dit was toe die duidelikste teken nóg van regeringskant af dat die e-tolselsel hier is om te bly én dat die betaling daarvan voortaan strenger gepolisieer gaan word.

Daar is egter sterk teenkanting uit opposisie- en vakbondgeledere en selfs uit die ANC self, teen die e-tolstelsel.

Meer oor:  Gauteng  |  E-Tol  |  E-Tolstelsel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.