Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ATM-man sal ANC help in ondersoek na Ace

Buyisile Ngqulwana, die man wat beweer dat Ace Magashule ’n rol gespeel het in die stigting van die African Transformation Movement (ATM), sê hy is bereid om die ANC te help in sy ondersoek na die party se sekretaris-generaal.

Minstens drie bronne in die ANC se nasionale werkkomitee het Dinsdag bevestig dat oudpres. Kgalema Motlanthe die ondersoek sal lei. Hoewel sy paneel nog nie saamgestel is nie, sal Frene Ginwala, gewese speaker in die parlement, na verwagting daarby ingesluit wees.

Ace Magashule. Foto: Alon Skuy

Die raamwerk waarbinne die paneel sy ondersoek moet doen, moet nog gegee word, maar News24 verneem dat hulle ook sal kyk of enige partylede moontlik betrokke was by die saamstel van die klomp klein partye wat in die aanloop tot die algemene verkiesing soos paddastoele verrys het.

Daar was byvoorbeeld gerugte dat Hlaudi Motsoeneng se African Content Movement (ACM) op die been gebring is om oudpres. Jacob Zuma te help om die ANC te destabiliseer voor die verkiesing. Motsoeneng en Zuma het dit ontken.

Mzwanele Manyi, ’n uitgesproke ondersteuner van Zuma, het in Januarie uit die ANC bedank en hom by die ATM aangesluit.

Ngqulwana was die sekretaris-generaal van die South African Council of Messianic Churches in Christ toe die ATM op die been gebring is en het die bewerings oor Magashule se betrokkenheid gedoen in ’n verklaring wat deel vorm van ’n saak in die verkiesingshof teen die ATM en sy leierskap. The Citizen het verlede week berig die saak is intussen teruggetrek.

Ngqulwana het aan News24 gesê hy is een van die mense wat die ANC oor dié bewerings genader het en dat die ANC sy hofverklaring het.

Hy sê as die ANC sy hulp in sy ondersoek wil hê, sal hy die party help.

“Onthou, ons wou nooit ’n politieke party begin nie. Ons wou ’n soort alliansie met die ANC hê, maar Magashule wou dit nie hê nie. Hy het gemeen dit sou beter wees as ons ’n party stig.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.