Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Baai gaan aansoek oor Bobani teenstaan
06 September 2018

Die Nelson Mandelabaai-metroraad sal die aansoek teenstaan om die aanstelling van Mongameli Bobani as burgemeester van dié raad ter syde te laat stel, sê die burgemeester.

Johann Mettler, stadsbestuurder, en die metro as munisipale entiteit, het vroeër gesê hule gaan nie die aansoek teenstaan nie.

Bobani het Woensdagoggend op ’n dringende nuuskonferensie in Port Elizabeth volgehou die raadsvergadering van 27 Augustus, waartydens Athol Trollip uit sy amp as burgemeester verwyder is, was wettig.

Mongameli Bobani, burgemeester van Nelson Mandelabaai, praat Woensdag op ’n nuuskonferensie. Foto: Lulama Zenzile

“Ons maak dit nou amptelik bekend. Ons as munisipaliteit sal die dispuut verdedig.

“As die nuwe leierskap van die munisipaliteit kan ons bevestig daardie vergadering was wettig,” sê Bobani.

Die DA-koalisieregering het reeds verlede Vrydag hofstukke by die hooggeregshof in Port Elizabeth ingedien om die aanstelling van Bobani ter syde te laat stel.

Die koalisieregering wil hê dié raadsvergadering van verlede Maandag, waar Trollip uitgestem is en Bobani as die nuwe burgemeester gekies is, moet nietig verklaar word.

Bobani het Woensdag gesê hulle, die nuwe koalisie-regering wat bestaan uit lede van die UDM, AIC en ANC, het deur die DA-koalisieregering se verklaring gewerk en meen dit is ’n “flou wenslys”; daar is geen saak nie.

Op regsadvies het Bobani gesê hulle sal nie verder kommentaar oor die hofsaak lewer nie.

Intussen het Mettler, wat saam met Bobani as ’n respondent in die hofsaak gelys is, sy eie prokureur aangestel en aangedui hy sal nie saam met die res van die respondente staan nie.

Op dieselfde nuuskonferensie het Bobani ook aangekondig dat hy senior beamptes van die direktoraat begroting en tesourie gevra het om ondersoek na die munisipaliteit se wisselvallige faktuurstelsel in te stel.

Luidens hofstukke wat deur Mettler se prokureur ingedien is, sal hy en die munisipaliteit as entiteit nie die hofsaak betwis nie en die regter se uitspraak in die saak aanvaar.

Dit volg ook kort nadat Bobani glo vroeër vandeesweek aan die dagblad The Herald gesê het hy sit met Mettler se skorsingsbrief in sy hand en sal dit binnekort aan hom oorhandig.

Bobani het ’n “onherstelbare breuk” in hul verhouding as een van die redes genoem.

Maar Woensdagoggend wou Bobani nie meer daaroor sê nie en het vrae daaroor na Bicks Ndoni, nuwe hoofsweep, verwys.

Ndoni het gesê hy neem kennis van die mediaberigte rondom die stadsbestuurder, maar die gedragskode onderstreep die prosesse wat gevolg moet word wat amptenare se kontrakte betref.

“Dit is misleidend om te sê die burgemeester raak een oggend wakker en sê jy is afgedank. Prosedure moet gevolg word,” sê Ndoni.

Op dieselfde nuuskonferensie het Bobani ook aangekondig dat hy senior beamptes van die direktoraat begroting en tesourie gevra het om ondersoek na die munisipaliteit se wisselvallige faktuurstelsel in te stel.

Volgens Bobani het hulle ’n oorvloed klagtes ontvang in verband met die stelsel.

Hy sê die herverbindingskoste van water en elektrisiteit is ’n groot las op inwoners, “veral vir die arm en weerbare gemeenskapslede”, en moet hersien word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.