Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Baai se Bobani hof toe oor ‘boendoehof-besluit’ oor sy pos

Mongameli Bobani sal na verwagting vandeesweek nog met ’n hofgeding begin om sy sitplek in die burgemeesterstoel van die Nelson Mandelabaai-metro terug te kry.

Bantu Holomisa, UDM-leier, het die naweek bevestig dat Bobani, ook ’n UDM-lid, reeds hofdokumente onderteken het om met regstappe te begin.

Mongameli Bobani op Donderdag se raadsvergadering in die Nelson Mandelabaai-metro, kort voor hy deur ’n wantrouemosie uit sy amp as burgemeester gestem is. Foto: Lulama Zenzile

Adv. Terry Price, SC, het Vrydag bevestig hy is genader om namens Bobani op te tree.

Die hofstukke sal na verwagting reeds Maandag by die hooggeregshof in Port Elizabeth ingedien word.

Bobani hoop om die besluit van die wantrouemosie in die hof te betwis omdat die regte prosedures glo nie gevolg is nie.

Bobani is Donderdag op die metro se laaste raadsvergadering vir die jaar by wyse van ’n mosie van wantroue deur die raad uitgestem.

Bantu Holomisa, UDM-leier, terwyl hy vroeër vanjaar die party se verkiesingsmanifes in Port Elizabeth bekend gemaak het. Foto: Lulama Zenzile

Hy het die amp vir sowat 15 maande beklee nadat hy by Athol Trollip, wat toe nog ’n DA-lid was, oorgeneem het.

Trollip is ook deur ’n wantrouemosie onthef.

Holomisa het Vrydagmiddag by navraag gesê hy is nie van regstappe bewus nie, maar het later die aand op Twitter geskryf dat Bobani die “boendoehof-besluit” van die ANC en DA sal betwis.

“Ek kan bevestig dat Bobani dokumente onderteken het om die pasgetroudes (die ANC en DA) se besluit, om hom te verwyder, sal betwis. Hoe verwyder jy ’n burgemeester deur ’n mosie wat nie eens op die agenda is nie?” lui Holomisa se twiet.

Bongani Msomi, die UDM se sekretaris-generaal, het Saterdag ’n verklaring uitgereik waarin hy sê die UDM se nasionale uitvoerende komitee meen, ná oorweging van die inligting oor die situasie, dat die wantrouemosie op onreëlmatige wyse deel van die agenda geword het.

Volgens Msomi is dit vir hulle duidelik dat gemene spel gebruik is om Bobani uit te skop omdat hy geweier het om by ’n gekonkel met tenders betrokke te raak.

“Die party wil ook die geleentheid gebruik om ons misnoeë uit te spreek met die wyse waarop raadslid Bobani behandel is.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.