Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Baie klagtes oor SA paspoorte in buiteland nie verleng word

Suid-Afrikaanse ambassades, hoëkommissariate en konsulate in die buiteland wag glo nog op voorskrifte van die departement van binnelandse sake oor hoe hulle Suid-Afrikaners in die buiteland kan help wie se paspoorte tydens die wêreldwye koronavirus-pandemie verval het.

Dié stelling is die naweek gemaak deur ’n Suid-Afrikaanse diplomaat in die buiteland. Die diplomaat het gevra om anoniem te bly.

Ons wag almal op ’n antwoord van die departement van binnelandse sake oor dié saak.

Die diplomaat se uitlating kom nadat die DA ’n beroep op dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, gedoen het om in te gryp. Hy het onlangs aangekondig buitelanders in Suid-Afrika se visums sal verleng word, maar het niks gesê oor die verlenging van Suid-Afrikaners in die buiteland se paspoorte nie, sê Adrian Roos, DA-woordvoerder oor binnelandse sake, en dr. Rory Jubber, leier van DA-lede in die buiteland, in ’n verklaring.

Hulle sê die departement verleng die visums van buitelanders, maar weier glo om die paspoorte van Suid-Afrikaners in die buiteland te verleng.

“Ons wag almal op ’n antwoord van die departement van binnelandse sake oor dié saak,” het die diplomaat aan Netwerk24 gesê.

Die diplomaat sê Suid-Afrikaanse missies kan wel Suid-Afrikaners wat wil terugkeer Suid-Afrika toe van noodreisdokumente voorsien.

“Ons doen dit gereeld en dit is ’n maklike proses. Die noodreisdokumente kan egter net gebruik word om terug te keer Suid-Afrika toe (selfs met aansluitingsvlugte) solank as wat die vliegtuigkaartjie aandui Suid-Afrika is die eindbestemming.

“Dit kan nie gebruik word om na ander lande te reis vir werk, of om vakansie te gaan hou nie.”

Die noodreisdokumente kan egter net gebruik word om terug te keer Suid-Afrika toe (selfs met aansluitingsvlugte) solank as wat die vliegtuigkaartjie aandui Suid-Afrika is die eindbestemming.

Die diplomaat sê noudat die inperkingsvlak in Suid-Afrika tot vlak 2 verlaag is, sal die situasie hopelik verbeter.

Roos en Jubber wys in die DA-verklaring daarop dit is Suid-Afrikaners se grondwetlike reg om ’n geldige paspoort te besit.

Hulle sê die DA word oorval deur Suid-Afrikaners in die buiteland wat kla hulle kom voor dooiemansdeur te staan. Van hulle sê missies is gesluit, telefoonoproepe word nie beantwoord nie of hulle kry e-posse met “nie tans op kantoor nie”-boodskappe.

Woordvoerders van die departement van binnelandse sake het steeds nie enige van die navrae, wat Netwerk24 tien dae gelede oor dié kwessie aan hulle gestuur het, beantwoord nie.

Meer oor:  Aaron Motsoaledi  |  Verval  |  Covid-19  |  Koroanvirus  |  Suid-Afrikaners  |  Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.