Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Baie nuwe partye kom na die verkiesingspartytjie

Daar is verskeie vreemde en onbekende partye wat deel is van die 48 partye wat by die Verkiesingskommissie (OVK) geregistreer het om op 8 Mei aan die nasionale verkiesing deel te neem.

Een van die nuwe partye wat geregistreer het, is die Capitalist Party of South Africa (ZACP) wat deur Kanthan Pillay gelei word.

Dié party – met ’n pers koei as embleem – staan vir kapitalisme en die vrye mark. Volgens die party simboliseer die kleur pers saam met die koei vooruitgang.

Uiteindelik wil almal ryker word, almal wil die motor van hul droom koop en kapitalisme is die enigste manier om daarby uit te kom.

Die tien stigterslede van dié party wat in Maart gestig is, is Pillay, Roman Cabanac, Neo Kuaho, Gideon Joubert, Unathi Kwaza, Duncan McLeod, Sindile Vabaza, Louis Nel, Katlego Mabusela en Dumo Denga.

Pillay, wat sê “uiteindelik wil almal ryker word”, is ook van mening dat Suid-Afrika soos ’n sakeonderneming bestuur moet word.

“Uiteindelik wil almal ryker word, almal wil die motor van hul droom koop en kapitalisme is die enigste manier om daarby uit te kom. Ons glo nie in maatskaplike geregtigheid nie, ons glo in geregtigheid. Maatskaplike geregtigheid is daarop uit om mense wat wil geld maak, skuldig te laat voel,” het hy gesê.

Dan is daar ook die African Content Movement (ACM) van Hlaudi Motsoeneng, voormalige bestuurshoof van die SAUK. Reggie Ngcobo se Mazibuye African Congress (MAC) het hom by Motsoeneng se party aangesluit toe dit in Januarie gestig is.

Die party sal sy verkiesingsmanifes op 6 April in KwaZulu-Natal bekend stel.

“Op 6 April sal ek praat oor kwessies waarvoor ander mense terugdeins. Ek is op pad na die Uniegebou en Ramaphosa is op pad uit.

“Die ACM is die politieke beweging wat die vinnigste groei in die land,” het hy gesê.

Dié party belowe om grond gratis aan mense te gee as hy aan die bewind kom. Hy sal ook sy kreatiewe mense beskerm, het hy gesê.

Die OVK het daarop gewys dat die aantal stemme wat ’n party benodig om ’n setel in die parlement te kry van die stempersentasie afhang. Dié getal was in 2014 se verkiesing 45 892 vir ’n setel in die Nasionale Vergadering en tussen 13 627 (Noord-Kaap) en 59 219 (Gauteng) vir ’n provinsiale setel.

Die African Transformation Movement (ATM), waarby Mzwanele Manyi, voormalige lid van die ANC hom aangesluit het, het sy verkiesingsmanifes reeds in Desember verlede jaar bekend gestel.

As party verwelkom ons almal. Ons dwing geen standpunte op aan enige ander mense nie.

Dié party beskryf homself as ’n politieke party wat op geloof gegrond is en vra vir die herinstelling van die doodstraf.

Vuyo Zungula, president van ATM, sê die party staan vir ’n regstelsel waarin die doodstraf sterk figureer. Die party het ook ontken dat hy teen LGBT-gemeenskappe diskrimineer.

“As party verwelkom ons almal. Ons dwing geen standpunte op aan enige ander mense nie. Ons beroep op die doodstraf is ook gemik op mense wat haatmoorde pleeg en mense wat hulle skuldig maak ‘korrektiewe verkragting’, ” het hy gesê.

Die Front Nasionaal/Front National (FN) is ’n party wat die selfbeskikking van die Afrikaner bevorder. Die party is in 2013 gestig en neem ook aan die verkiesing deel.

Volgens die party se webtuiste staan dié party vir die “etnies blanke bevolking”.

“Ons soek nie stemme in ’n multikulturele parlement nie; ons is op soek na ’n eie mandaat. Front Nasionaal glo dat elke volk (in ons geval die Afrikaners en wittes van Europese afkoms) sy eie taal, geloof, kultuur en lewensfilosofie kan hê.

“Dit beteken ons verseg dat ons onderwys, dienste, ontwikkeling en geleenthede op ’n Westerse, Europese model soos dié van al die ander wit mense in Europa, Amerika, Australië en Kanada berus. Ons wil ’n eerstewêreldland wees.”

Daniel Lotter, leier van die FN, was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.