Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Bakleiery oor suikerplaas: Bestuurder in vuur gestamp

’n Plaasbestuurder is Saterdagaand met eerstegraadse brandwonde in die hospitaal opgeneem, nadat hy aangeval is in die jongste konflik oor ’n suikerplaas in Mtwalume, KwaZulu-Natal. Dit is aan die Mathulini Communal Property Association toegestaan ná ’n suksesvolle grondeis.

Inkosi Bhekizizwe Luthuli, IVP-LP, wat ook ’n lid van die gemeenskap is, het Sondag in ’n verklaring gesê die aanvallers is ’n groep wat ’n grondeis van die Mathulini-gemeenskapsvereniging en die Ndelo-gemeenskapstrust probeer kaap.

Hy sê ’n tweede groep eisers wat moeilikheid maak op die plaas het verskeie kere hul saak, sonder sukses, voor die grondhof gestel.

Luthuli bestempel wat op die plaas aangaan as “’n gewelddadige grondgryp en kaping van ’n grondeis”.

Die grondeis ter sprake beslaan 7 500 ha en is volgens Luthuli meer as R300 miljoen werd. “Dit beslaan meer as een plaas wat jaarliks 400 000 ton suiker lewer en 1 200 mense in diens neem.”

Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, het aan News24 bevestig ’n 24-jarige man is deur vier mense aangeval wat hom in ’n vuur gestamp het en dat ’n saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer aanhangig gemaak is.

Volgens Luthuli het die Mathulini-gemeenskap reeds R6,5 miljoen aan regskoste bestee om die konflik met die ander groep in die hof te betwis.

Luthuli sê hy het vroeër reeds aan pres. Cyril Ramaphosa geskryf om te vra om in te gryp. Hy beweer die polisielede wat in die dae voor die voorval na die plaas ontbied is, het niks gedoen om die geweld te keer nie.

Hy het nou ook aan Thoko Didiza, die nuwe minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, geskryf om te vra dat sy dringend tussen beide tree.

“Die regering het deur niks te doen ’n bende skelms toegelaat om die wetlike oordrag van grond te vertraag en te frustreer.” – Verwerk deur Ilse Schoombee

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.