Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Balju met lasbrief na EFF-kantore

Die balju het Vrydag ’n inventaris by die EFF-hoofkantoor in Braamfontein opgestel van los bates waarop beslag gelê kan word om regskosteskuld van dié party en Julius Malema te delg.

Die EFF mag nie dié goedere – waarskynlik meubels en rekenaars – verwyder nie aangesien dit opgeveil moet word om R337 000 se skuld aan AfriForum te betaal.

AfriForum het vroeër ’n lasbrief bekom vir die beslaglegging op inhoud van die hoofkantoor en Malema se eie kantoor in dieselfde gebou. Dís omdat Malema (in sy persoonlike hoedanigheid) en die EFF nie twee regskostebevele wat AfriForum sedert Maart 2017 teen hulle bekom het, gehoorsaam het nie.

Die kostebevele spruit uit ’n interdik wat AfriForum in Maart 2017 bekom het waarin EFF-lede verbied word om mense aan te hits om onwettig op grond beslag te lê of te betree.

Meer oor:  Julius Malema  |  Beslaglegging  |  Eff  |  Regskoste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.