Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Bathabile Dlamini bedank as LP

Bathabile Dlamini, omstrede voormalige minister van maatskaplike ontwikkeling, het as lid van die parlement (LP) bedank.

Dlamini het tot voor die verkiesing as minister van vrouesake in die presidensie gedien.

Dit volg op die onlangse bedankings van ander voormalige ministers.

Jeff Radebe en Siyabonga Cwele het Maandag aangekondig dat hulle as LP's bedank sonder om redes te verskaf.

Nomaindia Mfeketo, oudminister van menslike nedersettings, het verlede Woensdag as LP bedank, gevolg deur Dipuo Letsatsi-Duba, oudminister van staatsveiligheid, en Susan Shabangu, 'n vorige minister van maatskaplike ontwikkeling en minister belas met vrouesake in die presidensie, die volgende dag.

Nie een van diegene wat bedank  het, is by pres. Cyril Ramaphosa se nuwe kabinet ingesluit nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.