Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Begroting: Kantoor van Vrystaatse premier kry R2 miljard

Die kantoor van die premier in die Vrystaat sal oor die volgende drie begrotings altesame R2,094 miljard kry, het Gadija Brown, Vrystaatse LUR vir finansies, verlede week in haar begrotingsrede gesê.

Dié kantoor kry in die 2020/21-geldjaar R689,8 miljoen, R687,6 miljoen in die 2021/22-geldjaar en R716,6 miljoen in die 2022/23-geldjaar.

Gadija Brown, LUR vir finansies in die Vrystaat.

Die begrotings voorsien vir:

• Befondsing van maatskaplike dienste tydens die Covid-19-druk soos die aankope van beskermende toerusting en klere en vir die stryd teen geslagsgeweld;

• Die befondsing van provinsiale beursprogramme;

• Die befondsing van die Vrystaatse instituut vir opleiding en ontwikkeling;

• Die befondsing van gemeenskapsontwikkelingswerkers;

• ’n Innoveringsentrum vir die Vrystaat;

• Koördinering van jeugprogramme;

• Provinsiale beplanning; en

• Die ingefaseerde oprig van wykkantore sodat regeringsdienste na die mense van die provinsie gebring kan word in al die dorpe in die Vrystaat.

Brown het gesê hulle gee spesiale erkenning aan die gemeenskapsontwikkelingswerkers en die gemeenskaps-gesondheidswerkers.

Dit is mense wat in die voorste linies weg teen Covid-19. Hulle werk op voetsoolvlak en verstaan die behoeftes van die inwoners beter.

“Ons moet volhou om hulle met die nodige hulp- en beskermingsmiddels te ondersteun om hulle tydens die Covid-19-pandemie te beskerm.”

Brown het gesê die toekenning sluit die R2,5 miljoen in vir die hersiening en belyning van die Vrystaatse groei- en ontwikkelingstrategie by die 2019-2024 mediumtermyn-strategieraamwerk.

Sisi Ntombela, premier van die Vrystaat.

• Ntombela het ook die afgelope week in die Vrystaatse wetgewer gesê die provinsie is besig om te verseker dat daar genoeg grond beskikbaar is vir grafte en voldoende geriewe vir verassings in die tyd van die pandemie. Hulle maak ook seker dat daar genoeg drasakke is vir lyke in die provinsie waar die koronavirusinfeksies nou sy piek in die volgende twee tot drie maande gaan bereik.

• Dr. Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer, sê haar begroting het die laaste paar jaar buitensporig gegroei, behalwe vir vanjaar toe nasionale toelaes gesny is, vergeleke met die wetgewer wat toesig oor al die departemente in die provinsie moet doen en verantwoordbaarheid binne die raamwerk van die Grondwet moet toepas.

Die premier behoort ’n bestuurs- en moniteringsrol in die provinsie te speel, omdat sy nie ’n diensleweringsdepartement is nie.

Hy sê die swak prestasies van provinsiale departemente is ’n bewys daarvan dat die honderde miljoene rande wat aan die premier se kantoor bestee word, gemors is. Inwoners van die Vrystaat kry nie waarde vir hul geld met dié swak dienste wat hulle kry nie.

As die premierskantoor haar mandaat uitgevoer het en die geld wat sy uitgegee het, wil regverdig, behoort inwoners doeltreffende gesondheidsdienste, onderwys, paaie en ander dienste te hê.

Die departemente behoort skoon oudits van die ouditeur-generaal te kry. Die feit dat dit nie gebeur nie, is grotendeels weens die premier se kantoor wat nie sy toesighoudende rol doeltreffend uitvoer nie, sê hy.

Meer oor:  Gadija Brown  |  Covid-19  |  Politiek  |  Finansies  |  Begroting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.