Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Begroting ‘net vir rykes en middelklas’

’n Begroting vir die heel rykes en die middelklas.

So het die Fighting Inequality Alliance- (FIA) beweging Donderdag die begroting wat Tito Mboweni, minister van finansies, Woensdag gelewer het, beskryf.

Pemmy Majondina, ANC-hoofsweep. Foto: Siphosihle Dyonase

Die FIA meen dat pres. Cyril Ramaphosa en sy regering heeltemal verwyderd is van die werklikhede van die armstes terwyl die begroting miljoene werkloses en ander gemarginaliseerdes minag.

FIA bestaan uit 19 nieregerings-, menseregte-, vroueregte-, omgewings-, geloofs- en werkersorganisasies wat hulle beywer om ongelykheid landwyd te beveg. Hieronder tel Equal Education, die Right2Know-veldtog, die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu), Abahlali baseMjondolo (’n organisasie vir mense wat in informele huise woon) en die Unemployed People’s Movement.

Die alliansie sê in ’n verklaring Mboweni en die ANC-regering het met die jongste begroting “teen hul eie mense gedraai”. “Laat ons dit duidelik stel – hierdie was ’n besparingsbegroting.”

Volgens die FIA is dit veral basiese dienste wat die ergste daardeur geraak gaan word met begrotings vir gesondheid en basiese onderwys wat op medium termyn verder gesny word.

Hulle meen ’n basiese inkomstetoelae is noodsaaklik om algehele maatskaplike krisis in Suid-Afrika te voorkom.

“In plaas daarvan is aangekondig dat maatskaplike sekuriteit ’n jaarlikse verhoging van gemiddeld 0,6% sal kry.”

Die FIA meen met die koste van voedsel wat in onlangse tye byna verdubbel het, is so ’n verhoging in werklikheid ’n besnoeiing aan maatskaplike toelae vir bejaardes, gestremdes en kinders.

In plaas daarvan is aangekondig dat maatskaplike sekuriteit ’n jaarlikse verhoging van gemiddeld 0,6% sal kry.

“Die begroting is verskriklik vir werkloses en armes en bied eerder verligting aan maatskappye, rykes en die middelklas.”

Bridget Masango, DA-woordvoerder oor maatskaplike ontwikkeling, het Donderdag saamgestem dat die aankondiging oor maatskaplike toelae bewys dat die ANC-regering “meer omgee vir ydelheidsprojekte as vir armes”.

“Met hierdie besnoeiings sal die uitgawes aan maatskaplike toelae oor die volgende drie jaar aansienlik afneem.

“Dit is moreel onverdedigbaar om die finansiering van pro-arm-bestedingsprogramme te besnoei om sodoende reddingsboeie aan vervalle staatsentiteite soos die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Eskom en die Landbank toe te staan.”

Pemmy Majodina, ANC-hoofsweep, het Donderdag gesê die ANC-koukus in die parlement meen Mboweni het ’n balans gehandhaaf in sy begroting.

“Dit is ’n begroting wat erkenning gee aan die werklikheid van die impak van die Covid-19-pandemie op die ekonomie, maar wat ook verder as die Covid-19-tydperk kyk.

“In hierdie verband beklemtoon dit sowel regstreekse korttermynsteun aan die ekonomie en volhoubaarheid op mediumtermyn.”

Majodina sê Mboweni moes sowel regeringsbeleid as die behoeftes van die armste Suid-Afrikaners in ag neem.

Hoofman Mzamo Buthelezi, IVP-woordvoerder oor finansies, meen egter dat die begroting net die behoeftes van staatsentiteite dien.

“Skulddienskoste en verdere reddingsboeie vir mislukkende staatsentiteite soos Eskom en die SAL van R36 miljard wys die regering gooi weer eens geld na niefinansiële kwessies by dié entiteite.”

Volgens Buthelezi het voorstelle vir die privatisering van staatsentiteite weer eens op dowe ore geval.

Meer oor:  Tito Mboweni  |  Begroting2021
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.