Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Bekragtiging van wet sal ‘mylpaal vir grondloses’ wees

Dit sal ’n “mylpaal” vir grondlose Suid-Afrikaners wees as die nuwe onteieningswetsontwerp as wet bekragtig word.

Volgens Nolitha Ntobongwana, voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee oor openbare werke en infrastruktuur, sal dit die “ongelykhede van die verlede regstel”.

Ntobongwana het dit Dinsdag gesê toe die komitee die eerste keer vergader het om die prosesse oor die nuwe onteieningswetsontwerp te bespreek.

Die komitee se ondersteuningspersoneel het aan LP’s die prosesse verduidelik wat die komitee moet volg om die wetsontwerp deur al die nodige parlementêre prosesse, wat openbare kommentaar moet insluit, te neem.

Die wetsontwerp is onlangs deur die departement van openbare werke en infrastruktuur aan die parlement voorgelê.

Ntobongwana het aan LP’s gesê dat ’n vorige weergawe van die onteieningswetsontwerp in 2018 afgekeur is.

“Ons moenie dieselfde foute maak nie. Ons sal geen steen onaangeroer laat of enige stap in die proses oorslaan nie. Dit kan nie weer afgekeur word nie.”

Dit sal daartoe lei dat die ongelykhede van die verlede reggestel word. Ons almal stem saam dat die besit van grond ’n ekonomiese middel en ’n baie ernstige kwessie in Suid-Afrika is. Veral vir die meerderheid mense wat nie grond besit nie.

Volgens Ntobongwana sal dit ’n “mylpaal” vir Suid-Afrikaners wees as die wetsontwerp die lig sien en deur pres. Cyril Ramaphosa as wet bekragtig word.

“Dit sal daartoe lei dat die ongelykhede van die verlede reggestel word. Ons almal stem saam dat die besit van grond ’n ekonomiese middel en ’n baie ernstige kwessie in Suid-Afrika is.

“Veral vir die meerderheid mense wat nie grond besit nie,” het Ntobongwana gesê.

Mathapelo Siwisa, ’n EFF-LP, wou egter weet wat die haas is met die onteieningswetsontwerp.

Dit omdat daar volgens haar parlementêre sittings en prosesse aan die gang is om die Grondwet te wysig om die onteiening van grond sonder vergoeding moontlik te maak.

“En ons gaan die Grondwet wysig met bogenoemde prosesse,” het Siwisa vol selfvertroue gesê.

Sy wou weet of die onteieningswetsontwerp in sy finale vorm dus nie teenstrydig met die Grondwet sal wees sodra laasgenoemde gewysig word om onteiening van grond sonder vergoeding moontlik te maak nie.

Ntobongwana het gesê dat die ondersteunings- en regspersoneel van die komitee met ’n duidelike plan vorendag moet kom oor hoe die komitee die wetsontwerp voortaan sal hanteer. Dit moet tydraamwerke insluit.

Meer oor:  Onteiening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.