Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Belangrike uitspraak oor kiesstelsel, sê OVK

Glen Mashinini, voorsitter van die verkiesingskomitee (OVK), het Donderdagaand aan die parlementêre portefeuljekomitee vir binnelandse sake gesê die konstitusionele hof se uitspraak was een van die belangrikste oor Suid-Afrika se verkiesingstelsel sedert 1994.

Die OVK aanvaar die hof se uitspraak wat verreikende gevolge vir die OVK sal hê in die jare wat kom.

Mashinini het die komitee verseker die OVK sal die nuwe Kieswet wat deur die parlement opgestel moet word, toepas.

Hy het die OVK se tegniese kundigheid aan die parlement aangebied om te help met die proses om die Kieswet te wysig. “Die hof het nie gesê hoe die parlement die wet moet verander nie. Hy wil die parlement nie in ’n spesifieke rigting druk nie.

“Dit is die parlement se eie keuse.”

Mashinini het die komitee daarop gewys die OVK het minstens twee jaar tyd nodig om vir die volgende verkiesing voor te berei.

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, het aan die komitee gesê die kabinet het besluit om regsadvies in te win oor die pad vorentoe.

Meer oor:  Glen Mashinini  |  Uitspraak  |  Ovk  |  Kiesstelsel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.