Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Beleid oor ontplooiing ‘nodig vir transformasie’

’n Ontplooiingsbeleid was nodig vir transformasie, het Jeff Radebe, die ANC se beleidshoof, Donderdag by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping in Johannesburg aan joernaliste gesê.


Pres. Cyril Ramaphosa (links), Lindiwe Sisulu (middel), minister van menslike nedersettings, en Jeff Radebe (regs) deel Donderdag ‘n humoristiese oomblik by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping. Foto: Dennis Delport

Hy is gevra of die ANC staan by pres. Cyril Ramaphosa se verdediging van die party se ontplooiingskomitee.

“Mense vergeet maklik dat wit mense in 1994 in beheer van die staat was. Die (ontplooiings)komitee en -beleid was nodig om bekwame kaders strategies te ontplooi.”

Ramaphosa het Woensdag tydens sy getuienis voor die Zondo-kommissie die ANC se ontplooiingskomitee en sy aanstellings verdedig toe hy oor aanstellings in staatsentiteite uitgevra is. Hy het getuig dat die ontplooiingsbeleid ’n kritieke aspek is om te verseker dat die ANC sy mandaat in werking stel.

Ramaphosa was self op ’n tyd die hoof van die ANC se ontplooiingskomitee.

Radebe sê die ANC is baie tevrede met Ramaphosa se getuienis voor die kommissie. “Die ANC ondersteun die kritieke werk wat deur die kommissie gedoen word. Die president het tot dusver sterk getuienis gelewer.”

Ramaphosa het Woensdag getuig dat staatskaping onder die ANC-bestuur gebeur het. Hy het gesê dit mag nooit weer gebeur nie.

Radebe is Donderdag gevra wat presies die ANC se plan is om te verseker dat staatskaping nie weer gebeur nie.

“Kom ons wag totdat adjunkhoofregter Raymond Zondo sy werk afhandel en sy voorstelle aan ons stuur. Ons sal dit dan bestudeer. Die ANC is ’n party wat leer. Ons kan leer uit die foute wat gemaak is. Dit is vir die verbetering en vir die toekoms van ons demokrasie,” sê hy.

Radebe is lid van ’n reeks ANC-hoëlui – onder andere Jessie Duarte, Ronald Lamola, Lindiwe Sisulu en Gwede Mantashe – wat Ramaphosa by die Zondo-kommissie bystaan.

Ramaphosa se getuienis duur voort.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.