Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Verkiesing: Beplanning gaan ondanks hofsaak voort

Die Verkiesingskommissie (OVK) sal vir die munisipale verkiesing van 27 Oktober beplan asof dit voortgaan terwyl hy voortbeur met ’n hofaansoek om dit uit te stel.

’n Vrou maak reg om op 11 November 2020 in ’n tussenverkiesing in Kuilsrivier in Kaapstad te stem. Foto: Gallo Images

Glen Mashinini, OVK-voorsitter, het Woensdag op ’n mediakonferensie gesê die OVK is wetlik verplig om op die vasgestelde datum met die verkiesing voort te gaan totdat ’n hof anders beslis.

Dit volg skaars ’n dag nadat dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, 27 Oktober as die verkiesingsdatum geproklameer het.

Volgens Mashinini is die gevolg van die proklamasie dat die OVK Woensdag ’n tydrooster moet publiseer en dat hy by die spertye moet hou wat daarin vervat is.

Die proklamasie beteken ook dat die kiesersrol Dinsdag om middernag gesluit het, wat daarop neerkom dat kiesers nie meer vir die verkiesing sal kan registreer sou dit op 27 Oktober voortgaan nie.

Voorts moet politieke partye wat aan die verkiesing deelneem ook hul kandidatelys deurstuur.

Mashinini sê die OVK se aansoek aan die Grondwethof behels die versoek dat die verkiesing buite die wetlike voorgeskrewe tydsraamwerk mag geskied en dat dit op die laatste op 28 Februarie 2022 mag plaasvind.

Die OVK voer aan dat dit weens die Covid-19-pandemie en die gepaardgaande inperking vir hom onmoontlik sal wees om sy pligte na te kom. Sy standpunt spruit uit die verslag van Dikgang Moseneke, voormalige adjunkhoofregter wat in opdrag van die kommissie ondersoek ingestel het of ’n vrye en regverdige verkiesing in die huidige omstandighede kan geskied. Daarvolgens sou dit nie redelik moontlik wees nie.

Hou Netwerk24 dop vir meer inligting.

Meer oor:  Ovk  |  Glen Mashinini  |  Munisipale Verkiesing  |  Verkiesing  |  Verkiesingsdatum  |  Beplanning  |  Hofsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.