Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Beraad oor grond vanjaar nog gehou

’n Presidensiële beraad oor die emosionele grondkwessie sal later vanjaar gehou word.

Dit het pres. Cyril Ramaphosa Dinsdagoggend aangekondig toe hy die Nasionale Huis van Tradisionele Leiers (NHTL) in die parlement amptelik geopen het.

Ramaphosa het die tradisionele leiers ook daaraan herinner dat die sluitingsdatum vir voorleggings oor die parlementêre proses om die Grondwet te wysig vir onteiening sonder vergoeding vinnig nader kom.

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Argief

“Dit is ’n kritieke tyd vir die grondhervormingsproses in die land. Tradisionele leiers was aan die voorpunt om bydraes oor hierdie aangeleentheid te maak en die NHTL het die wetsontwerp daaroor na alle huise van tradisionele leierskap verwys. Jul deelname is van kritieke belang.”

Volgens Ramaphosa was een van die besluite wat in 2017 op ’n indaba van tradisionele leiers geneem is, dat daar ’n presidensiële beraad oor die grondkwessie gehou moet word.

“Ek is verheug om te kan sê dat hierdie beraad vanjaar sal plaasvind,” het hy belowe.

* Volg Netwerk24 vir meer hieroor.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Grondberaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.