Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Beslissende stappe nodig ná grondgryp in Sasolburg'

In ’n ongehoorde grondgryp het die EFF Saterdag homself gaan “ingrawe” op die Mooidraai-plaas wat aan die Metsimaholo-munisipaliteit (Sasolburg) behoort sodat ’n nuwe woonbuurt op die eiendom gevestig kan word.

So sê dr. Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer, in ’n nuusverklaring.

Floyd Shivambu, EFF-LP, het op die geleentheid gesê dat ’n nuwe woonbuurt op die plaas in vyf fases ontwikkel gaan word.

Dr. Roy Jankielsohn
Dr. Roy Jankielsohn Foto: Felix Dlangamandla

Volgens Jankielsohn het Shivambu gesê Saterdag se optrede was fase 1 van die ontwikkeling en dat die volgende fases ná die naweek opgerig sal word. Ook dat die plaas Wonderfontein geoormerk is vir die volgende grondgryp deur die EFF.

Jankielsohn sê in sy nuusverklaring dat die ANC toegelaat het dat die EFF die de facto-regering in Metsimaholo word sonder dat ’n verkiesing plaasgevind het.

“Dit is in teenstelling met pres. Cyril Ramaphosa en Sisi Ntombela, die Vrystaatse premier, se beloftes in die staats- en provinsiale rede dat onwettige grondgryp nie toegelaat sal word nie.

Jankielsohn sê die EFF se onwilligheid om te wag vir die uitslag van die parlementêre prosesse of vir die demokratiese verkiesing van die regering is ’n toets vir die outoriteit van die ANC.

“Die ontwikkeling in Metsimaholo het ’n ideologiese strydpunt tussen die EFF en die ANC geword om vas te stel wie die regte regering van die dag is.

Dit is nou die tyd vir die president en die premier om by die wet te hou soos wat albei beloof het en ferm en beslissend op te tree.

“Dit is nou die tyd vir die president en die premier om by die wet te hou soos wat albei beloof het en ferm en beslissend op te tree.

“Die DA sal onwettige grondgrype kragdadig teenstaan. Ons subkontinent, Suider-Afrika, kan nie bekostig om in nog ’n Zimbabwe te verval nie.”

Mandisa Makesini, EFF-leier in die Vrystaat, sê die Mooidraai-plaas is onbenut en onbewoon.

“Ons het vir die mense grond gegee sodat hulle dit kan bewerk en ’n lewe kan maak. Jankielsohn moet ophou om speletjies te speel. Wil hy hê die mense moenie werk nie?”

  • Ntombela en Kopung Ralikontsane, direkteur-generaal van die Vrystaatse provinsiale regering, het nie hul telefone geantwoord toe hulle om kommentaar gebel is oor optrede deur die Vrystaatse regering nie.
Meer oor:  Floyd Shivambu  |  Dr. Roy Jankielsohn  |  Grondgryp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.