Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Grond: 'Ons is verantwoordelik en vergewend'

Geen besluit oor die onteiening van grond sal afgedwing word nie.

Alle rolspelers moet egter dié kwessie baie versigtig en verantwoordelik hanteer.

Mcebisi Skwatsha. Foto: Daily Sun

Dít was Maandag die boodskap van Mcebisi Skwatsha, adjunkminister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, oor die grondkwessie in sy spreekbeurt gedurende die debat oor pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede. Die grondkwessie het baie sprekers emosioneel gemaak.

Skwatsha se reaksie het veral gekom nadat Mangosuthu Buthelezi, IVP-leier, by die ANC-regering wou weet waarom hulle in hul strewe om grond sonder vergoeding te onteien eerste die grond van die Zoeloe-nasie onder die Ingonyama-trust wil onteien.

Volgens Skwatsha het die regering nog geen besluit geneem om die trust se grond te onteien nie, maar is ’n hoëvlakpaneel deur die parlement aangestel om na alle Suid-Afrikaners oor die grondkwessie te luister.

Hy het erken dat daar ná 23 jaar steeds baie oor die grondkwessie gedoen moet word.

“Ons sukkel nog met die nalatenskap van apartheid en kolonialisme. Baie grond is nog in die hande van ’n paar mense. Ons grondoudit wys dat die minderheid nog steeds die meeste grond besit.”

Volgens Skwatsha is dit die rede waarom die ANC by sy nasionale konferensie in Desember besluit het dat grond sonder vergoeding onteien moet word.

Ons sukkel nog met die nalatenskap van apartheid en kolonialisme.

“Ons sal in Maart ’n werksessie hou waar ons die modelle sal bespreek oor hoe dit gedoen moet word. Ons is ’n verantwoordelike regering.

“Ons weet hoe ons mense gely het en steeds ly weens die grondkwessie. Ons glo aan die beginsel van die oppergesag van die reg. Ons sal nie anargisties te werk gaan nie, maar die grondkwessie sal bespreek moet word. Ons is ’n vergewende nasie.”

Volgens Skwatsha is dit waarom die VF Plus se vroeëre uitlatings dat ’n burgeroorlog kan volg weens die onteiening van grond sonder vergoeding nie by hom ingang vind nie.

“Ons moenie sulke taal gebruik nie.”

Ons is destyds gelei deur die gees om ’n Suid-Afrikaanse nasie te bou.

Skwatsha sê die ANC het nie vergeet van die dapperheid van swart mense wat in die bevrydingstryd dood is nie.

“Ons is destyds gelei deur die gees om ’n Suid-Afrikaanse nasie te bou. Ons was in die gewapende stryd om vrede in ons land te bewerkstellig.”

Skwatsha sê dit is waarom die destydse Kodesa-onderhandelinge bo geweld verkies is.

“Ons is egter nie lafaards nie. Ons weet ons skep ’n land vir toekomstige generasies. Ons word deur die edele gees van (wyle oudpres. Nelson) Mandela gelei om ’n oplossing vir ons land te vind wat vir ewig sal hou,” sê Skwatsha.

Die debat duur voort.

Meer oor:  Mcebisi Skwatsha  |  Cyril Ramaphosa  |  Grondhervorming  |  Besluit  |  Staatsrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.