Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Bespiegelings dat Musi nou sy bedanking gaan aankondig
Mmusi Maimane gaan volgens bespiegelings Woensdag sy bedanking as DA-leier aankondig. Foto: Argief

Sterk aanduidings dat Mmusi Maimane as DA-leier gaan bedank, het Woensdag die hoogte ingeskiet nadat hy aangekondig het dat hy die land op ’n mediakonferensie gaan toespreek.

n Sluier van geheimhouding is egter getrek oor die vergadering van die DA se federale leiers wat tans in sy hoofkantoor in Johannesburg plaasvind.

Daar word beweer dat Maimane daar sy bedanking gaan aankondig.

Maimane sou aanvanklik om 13:00 ’n mediakonferensie toespreek, maar dit is na 15:00 uitgestel.

Dit kom te midde van druk bespiegeling in politieke kringe en op sosiale media dat hy sy bedanking gaan aankondig.

Die vergadering van die federale leiers was geskeduleer om die DA se samewerkingsooreenkoms in die Johannesburgse metroraad ná die bedanking van Herman Mashaba, burgemeester van dié metro, te bespreek.

Mashaba het Dinsdag vrae gesystap oor of hy en Maimane planne het om ’n politieke party op die been te bring.

“Ek kan nie regtig reageer namens mnr. Maimane nie. Ek was nooit sy woordvoerder nie en dus moet ek dit aan hom oorlaat om te reageer,” het hy Dinsdag aan joernaliste by die parlement gesê.

Verskeie DA-lede was glo woedend vir Maimane omdat hy Maandag Mashaba se mediakonferensie bygewoon het en onder meer na hom as “sy held” verwys het. Dit was ondanks kritiek wat Mashaba kort tevore teen die DA uitgespreek het.

Maimane is onder druk om as DA-leier af te staan nadat dit aanbeveel is deur ’n hersieningspaneel wat ná die Mei-verkiesing saamgestel is om die party se strukture en beleid te hersien. Die DA se steun in hierdie verkiesing het vanaf 22,23% in die 2014-verkiesing tot 20,77% gedaal.

Meer oor:  Mmusi Maimane  |  Politiek  |  Da
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.