Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Beweringe oor Malema moet ondersoek word’

Die beweringe van ’n bendeleier in die tronk wat volgens Ernst Roets, adjunkhoof van Solidariteit, op die Nampo-oesdag in Bothaville gesê het Julius Malema, die EFF-leier, wil hê boere moet vermoor word, is so ernstig dat die polisie dit behoort te ondersoek.

Dr. Johan Burger, ’n senior navorsingskonsultant van die Instituut vir Sekerheidstudies, sê as stawing daarvoor gevind kan word behoort Malema strafregtelik vervolg te word.

Dr. Johan Burger. Foto: Liza Hnatowicz

Roets het gesê Malema het volgens die bendeleier gesê as hulle uit die tronk vrygelaat word en ooit wapens soek, hulle (die EFF) wil hê boere moet vermoor word.

Volgens Roets is daar glo ook ’n klankopname waarin Malema so sê.

“Dié beweringe is ’n saak wat met die kommissaris van polisie opgeneem moet word,” sê Burger, ’n oud-polisiegeneraal.

“Sonder om die meriete van dié saak af te maak, moet ek egter ook uitwys dat ’n gearresteerde plaasmoordenaar (in rondom 2002 naby Krugersdorp), nadat hy gearresteer is, ook beweer het hy het sy opdragte by die ANC se hoofkantoor in Johannesburg gekry.

“Ons het die bewerings destyds ondersoek en was tevrede dat dit geheel en al onwaar is en waarskynlik net ’n poging was om sy optrede te regverdig.”

Burger sê hy stem volmondig met Roets saam dat daar geen bewyse is van die bestaan van ’n “grootskaalse plan” om boere te vermoor nie.

“Sulke bewerings kom al sedert die 1990’s en ten spyte van al ons pogings, ook by die prioriteitskomitee, kon ons nooit enige substansie hiervoor kry nie.”

Daar is ook meriete in Roets se stellings oor “klimaatskepping” vir plaasaanvalle en -moorde, meen Burger.

“Dit lei geen twyfel nie dat die debat rondom grond besig is om ’n toenemend gespanne atmosfeer te skep.

Burger sê Bheki Cele, minister van polisie, behoort in die lig van die veranderende politieke klimaat, onverantwoordelike politieke uitsprake, toenemende spanning oor die grondkwessie en bewerings wat opnuut oor plaasaanvalle die rondte doen, ’n verteenwoordigende komitee van ondersoek oor plaasaanvalle aan te stel.

“Uitlatings dat wit mense die grond gesteel het en politieke besluite dat grond sonder vergoeding onteien gaan word, gepaardgaande met uitsprake deur politieke leiers soos Malema dat mense grond onwettig moet beset, lei tot ’n teenreaksie – soos dié deur AfriForum met hul veldtog in die buiteland.

“Maar daar is ook aanduidings van ’n meer radikale regse, en selfs gewapende, verset,” sê Burger.

“Hierdie gespanne atmosfeer, en die gepaardgaande retoriek kan baie moontlik bydra tot ’n situasie waar sommige mense mag voel dat dit aanvaarbaar is om mense op plase aan te val en om daar te doen wat hulle wil.

“Daar is nog geen konkrete bewyse dat dit die geval is nie, maar daar is tog enkele gevalle in die afgelope jaar of twee waar aanvallers opmerkings teenoor hulle slagoffers gemaak het wat moontlik mag dui op meriete in hierdie stelling.”

Burger sê Bheki Cele, minister van polisie, behoort in die lig van die veranderende politieke klimaat, onverantwoordelike politieke uitsprake, toenemende spanning oor die grondkwessie en bewerings wat opnuut oor plaasaanvalle die rondte doen, ’n verteenwoordigende komitee van ondersoek oor plaasaanvalle aan te stel.

Met verwysing na gevalle waar polisielede moontlik by plaasaanvalle betrokke is, is dit individuele lede wat uit eie beweging sulke misdade pleeg.

Die polisie as instelling, het niks daarmee te doen nie, meen Burger.

Meer oor:  Solidariteit  |  Nampo-Oesdag  |  Julius Malema  |  Ernst Roets  |  Ondersoek  |  Plaasmoorde  |  Bendelid  |  Tronk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.