Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Bewerings van bedrog verdeel ANC-leiers
Enoch Godongwana Foto: Daily Sun

Bewerings oor ANC-leiers wat ook by die beweerde korrupsie met Covid-19-tenders betrokke is, het die afgelope naweek ook die ANC se topleiers erg op ’n vergadering van die regerende party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) verdeel.

Sunday Times het Sondag berig dat die bekgeveg tussen die verskillende ANC-faksies Vrydag op die eerste dag van die drie dae lange aanlyn vergadering begin het nadat pres. Cyril Ramaphosa die ANC se uitvoerende bestuur in sy openingsrede gewaarsku het dat korrupsie die party se handelsmerk bevlek het. Die vergadering eindig Sondag.

Die koerant berig verder dat Enoch Godongwana, voorsitter van die NUK se subkomitee oor ekonomiese transformasie, ’n komitee onder leiding van oudpresidente Kgalema Motlanthe en Thabo Mbeki voorgestel het om bewerings van korrupsie teen senior ANC-leiers te ondersoek.

Faksies van Ace Magashule, ANC-sekretaris-generaal, het glo die voorstel afgeskiet.

News24 het Sondag ook berig oor ’n vurige debat in die NUK-vergadering oor of kinders en metgeselle van partyleiers sake met die staat moet doen. Dit kom ná berigte en bewerings oor familielede van ANC-politici wat regeringstenders van miljoene rande gekry het.

  • Hou Netwerk24 dop vir meer.
Meer oor:  Tenderbedrog  |  Anc  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.