Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Blade wil pensioenfondse bekyk om tersiêre onderrig te finansier

Die moontlikheid moet ondersoek word om onder meer ook Suid-Afrika se pensioenfondse te gebruik om gratis tersiêre onderrig en opleiding vir veral studente uit behoeftige huise te finansier, sê dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderrig, wetenskap en tegnologie, in ’n parlementêre antwoord.

Armand Cloete, ’n VF Plus-LP, vroeër by hom in ’n parlementêre vraag wou weet wat sy standpunt is oor of staats- en private pensioenfondse ook gebruik moet word om finansiële bystand te verleen aan behoeftige studente of nie.

Dr. Blade NzimandeFoto: NICO GOUS

Nzimande het ook gesê dat die Heher-kommissie van ondersoek na hoër onderrig en opleiding, wat sy verslag daaroor in Augustus 2017 aan toe nog pres. Jacob Zuma oorhandig het, ’n aantal aanbevelings aan die regering gedoen oor die volhoubare finansiering van hoër onderrig en opleiding in Suid-Afrika.

“Die kommissie het gedeeltelik die gebruik van staatspensioenfondse ondersoek vir die finansiering van studente by universiteite, TVET-kolleges en gemeenskapsonderrig en -opleidingskolleges.

“Daardie tyd was die regering se reaksie op die verslag van die Heher-kommissie om aansienlike bykomende finansiering toe te ken om studente uit ’n arm en werkersklasagtergrond by openbare universiteite en TVET-kolleges deur die bekendstelling en infasering van ’n nuwe beursskema wat ten volle gesubsidieer is.”

Nzimande het erken dat daar ten spyte van die infasering van hierdie beursskema, steeds kategorieë van studente is wat nie deur die skema gedek word nie en wat ook sukkel om toegang tot finansiering vir tersiêre onderrig en opleiding uit ander bronne te verkry.

“Dit sluit in studente in die sogenaamde ‘vermiste middel’ wat nie kwalifiseer vir finansiële ondersteuning deur die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) nie en wat ook nie in staat is om banklenings (vir hul studies) te kry nie.”

Dit kan ’n ondersoek insluit na die uitvoerbaarheid van verskeie moontlike finansieringsbronne, wat pensioenfondse insluit.

Volgens Nzimande glo die departement van hoër onderrig en opleiding, ná konsultasies met die nasionale tesourie en die departement van beplanning, monitering en evaluering in die presidensie, dat dit wel nodig is om die bevindings van die Heher-kommissie te heroorweeg om ook ander maniere te vind om aan die finansieringsbehoeftes van die naskoolse onderrig-en-opleidingstelsel te voldoen.

“Dit kan ’n ondersoek insluit na die uitvoerbaarheid van verskeie moontlike finansieringsbronne, wat pensioenfondse insluit,” het Nzimande verder in sy antwoord gesê.

Meer oor:  Blade Nzimande  |  Pensioenfondse  |  Onderrig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.