Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Blatante misbruik van staatsbates is nié demokrasie – VF Plus

As Suid-Afrika se regeringsleiers militêre vliegtuie gebruik om ANC-lede vir partypolitieke doeleindes na Zimbabwe te vlieg, is dít niks minder as “blatante misbruik” nie.

“Dit is nie demokrasie nie,” het Armand Cloete, VF Plus-LP, Dinsdag in ’n debat oor Internasionale Demokrasie-dag in die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) gesê.

LP’s van die onderskeie politieke partye het deelgeneem aan die debat met die tema “Die herbevestiging van die waardes en beginsels van ons grondwetlike demokrasie”.

Cloete het verder gesê politici in die land moet veral ook aandag skenk aan die “een ding wat ons demokrasie moet waardeer”.

“Dít is ’n verantwoordelike staat. En hoe word dit geskep? Deur ons leiers.

“As ons leiers nie optree op ’n manier waarop ons vryhede deur verantwoordelikheid beskerm word nie, is ons bestem vir chaos wat ons nie kan bekostig nie.”

Suid-Afrikaanse se leiers het so arrogant oor hul eie vryhede geword het dat hulle ’n nasie van ekonomies en geestelik arm mense skep.
Armand Cloete

Hy het gesê Suid-Afrikaanse se leiers het so arrogant oor hul eie vryhede geword het dat hulle ’n nasie van ekonomies en geestelik arm mense skep.

Volgens hom is dit ook nie demokrasies as Suid-Afrika se leiers belastingbetalersgeld plunder nie, aangesien die land wel teen 2030 ’n mislukte staat sal wees, soos wat ’n ekonomiese strateeg voorspel het.

“As sommige leiers onverdraagsaamheid, rassespanning en geweld aanmoedig, sal Suid-Afrika uiteindelik as ’n stamstaat opeindig. Dít is nie demokrasie nie.

“As ’n politieke leier sê ‘gee hulle oorlog as hulle dit wil hê’ en dit lei tot plundering, brandstigting en vandalisme, is daardie leierskap niks anders as boefagtig nie, en dít is nie demokrasie nie.”

Volgens Cloete is dit daarom veral tyd dat die ANC en die EFF as verantwoordelike leiers in Suid-Afrika begin optree.

Intussen het Cathy Labuschagne, DA-LP, in haar spreekbeurt gesê die ANC het in 2020 “dringend ’n nuwe begin nodig omdat die dood onafwendbaar is”.

Dit is omdat werkloosheid en gewelddadige betogings kommerwekkend toeneem, staatsentiteite misluk en bankrot is omdat hulle “finansieel verkrag is deur korrupsie en staatskaping”.

Dít terwyl die gaping tussen rykes en armes in die land ook al hoe groter word.

Mmabatho Mokause, EFF-LP, wou weet wat die betekenis van demokrasie vir gewone Suid-Afrikaners is wat steeds aan die rand van die hoofstroomekonomie moet staan.

Die verswakte ekonomie en korrupsie met Covid-19-verligtingsgelde wys volgens Labuschagne ook dat die ANC nie die waardes van die grondwetlike demokrasie handhaaf nie.

Mmabatho Mokause, EFF-LP, wou weet wat die betekenis van demokrasie vir gewone Suid-Afrikaners is wat steeds aan die rand van die hoofstroomekonomie “moet staan en net gepas is om ’n ondergeskikte rol te speel teenoor wit mense wat steeds die middele van produksie in die land besit en beheer”.

Seiso Mohai, hoofsweep in die NRP, het namens die ANC gesê dat hy al party is wie se visie en waardes soortgelyk is as die fundamentele visie en waardes van die Grondwet.

Volgens hom is dit waarom ras en geslag sentraal vir die ANC staan om die ongelyke magsverhoudinge wat steeds bestaan, op te los.

“Dit is omdat die ekonomie steeds deur ’n paar wit mans oorheers word.”

Mohai sê dit is teen dié agtergrond dat die ANC nooit apologeties sal wees oor sy fundamentele ekonomiese regstellende beleidskeuses, soos swart ekonomiese bemagtiging en ander nie, omdat dit die grondwetlike voorskrifte van regstelling, gelykheid en maatskaplike geregtigheid bevorder.

Meer oor:  Vf Plus  |  Armand Cloete  |  Zimbabwe  |  Demokrasie  |  Staatsbates  |  Staatsvlug
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.