Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
BLF sál ‘wit’ grond, veral wynplase beset

Black First Land First (BLF) se program om spesifiek grond in die hande van wit mense te beset sal voortduur.

Andile Mngxitama, BLF-leier, het Maandag dié standpunt van die party bevestig nadat ’n verklaring hieroor weer die ronde gedoen het.

Andile Mngxitama, BLF-president. Foto: Felix Dlangamandla

Hy het gesê die party het nie onlangs ’n verklaring daaroor uitgereik nie, maar dit is die algemene standpunt van die party om grond te beset wat in die hande van wit mense is.

Hy het gesê die feit dat die BLF nie in die parlement verteenwoordig word nie, sal hulle nie keer om grond te beset nie. “Trouens, dit motiveer ons om grond te beset,” het Mngxitama gesê.

“Ons vra dat grond wat in die besit van wit mense is, beset word. Dit moet produktiewe grond wees wat wit mense besit. Ons wil die koloniale grondeienaarskapspatrone omdraai. Ons sê dit gereeld,” het hy bygevoeg.

In die verklaring word vrywilligers versoek om deel van die grondbesetting te wees.

“Ons kry dié vrywilligers,” het hy gesê.

Volgens Mngxitama is die proses aan die gang en word spesifieke grond geteiken. “Ons groot teiken is die Wes-Kaapse wynplase. Ons het reeds meer as 60 interdikte teen ons om die besetting te verhoed,” het Mngxitama gesê.

Op ’n vraag oor of hy nie bekommerd is dat dié standpunt geweld kan aanhits nie, het Mngxitama geantwoord dat daar geweld oral in Suid-Afrika is, maar dat dit nie weens die BLF is nie.

“Dink jy die BLF gaan gekeer word deur ’n hofbevel, ons is hier om regverdigheid te verseker,” het hy gesê.

Hy is ook nie bekommerd dat BLF-lede in hegtenis geneem kan word nie. “Ons word reeds in hegtenis geneem deur armoede, vernedering en ongeregtigheid.

“Enigiemand wat wil grond hê, moet bereid wees om tot die uiterste te gaan. Ons is nie Gucci-revolusionêre nie,” het hy gesê.

Meer oor:  Andile Mngxitama  |  Blf  |  Besetting  |  Politiek  |  Grondgrype
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.