Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Bobani as burgemeester verwyder

Mongameli Bobani, die burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro, is Donderdag tydens 'n mosie van wantroue verwyder nadat hy die enigste een is wat gesê het dat hy teen dié mosie stem.

Bobani se kop het op 'n raadsvergadering Donderdag gerol toe 'n meerderheid raadslede hom by wyse van 'n wantrouemosie uitgestem het.

Mongameli Bobani

Donderdag se mosie is Bobani se vierde mosie van wantroue teen hom nadat hy by Athol Trollip as burgemeester oorgeneem het nadat Trollip as burgemeester verwyder is.

Raadslede van die DA, PA, Cope, AIC, ANC en die ACDP het almal teen Bobani gestem. Die EFF het buite stemming gebly.

Bobani het sy hand opgelig om te wys dat hy teen die mosie is nadat Buyelwa Mafaya, speaker van die raad, gevra het wie almal teen die mosie is.

Soos vroeër op Netwerk24 berig, het Bobani se eie koalisieregering reeds in Oktober gesê dat sy dae as burgemeester van die metro getel is, al het Bobani hierteen vasgeskop.

Bobani het reeds vroeg Oktober gesê hy sal voortgaan om die metro te bestuur en dat dinge normaalweg voortgaan.

Sy koalisieregering het toe gesê dat hulle van hom ontslae wil raak sodat hulle politieke stabiliteit kan bring omdat sy administrasie volgens hulle nie bevoeg is nie.

Meer oor:  Bobani  |  Nelson Mandela-Baai  |  Politiek  |  Mosie Van Wantroue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.