Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Boere in VS moet hulself nou begin beskerm, sê DA

As die regering nie sy burgers beskerm nie, het die burgers die reg en ’n verpligting om dit self te doen.

Dr. Roy Jankielsohn Foto: Argiewe

Juis die regering se mislukking om plattelandse gemeenskappe in die Vrystaat teen misdadigers te beskerm, gee aan dié mense die reg om hulself te bewapen met die doel om hulself en hul eiendom teen misdadigers te beskerm, sê dr. Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van die opposisie in die Vrystaatse wetgewer.

Hy het Sondag in ’n verklaring gesê die regering faal in sy taak om die geïsoleerde gemeenskappe te beskerm. Dit gee hierdie mense wetlik dit reg om stappe te doen om die veiligheidsleemtes te vul.

Daar was reeds vanjaar 32 plaasaanvalle in die land en net in die laaste week was daar vier in die Vrystaat:

• Tussen Reitz en Kransfontein op 15 Junie;

• By Tweespruit op 21 Junie;

• By Petrusburg op 26 Junie; en

• Tussen Zastron en Rouxville op 27 Junie.

Eiendom is gesteel en in twee van die aanvalle is mense erg aangerand en beseer. In nog twee gevalle het die boere hulle teëgesit en drie aanvallers is in die proses dood.

Jankielsohn sê behalwe vir die plaasaanvalle is daar ’n skerp toename in veediefstal, diefstal van gewasse soos mielies, kabeldiefstal, diefstal van toerusting en voertuie, en oorgens-misdaad langs die Lesotho-grens.

Die polisie in die Vrystaat het nie die nodige hulpbronne om misdaad op die platteland te bekamp nie, en die Lesotho-grens bly poreus ondanks die ontplooiing van die weermag daar.

Hy sê dié omstandighede word vererger deur die staat van inperking wat plaaspatrollies en buurtwagte verbied het om die polisie met sigbare polisiëring te ondersteun.

Hy sê boere en hul werknemers bly kwesbaar en moet hulle toerus om hulself, hul families en hul eiendom teen misdadigers te beskerm.

Jankielsohn sê as iemand ’n omheinde gebied of tuiste met kwaadwillige bedoelings betree, moet hulle aanvaar dat die wettige inwoners van die plek hulself gaan verdedig.

Die DA het ’n opgedateerde en omvattende plattelandse veiligheidstrategie bekend gemaak om die polisie se bestaande beleid oor veiligheid op die platteland aan te vul.

Die DA sal in die wetgewer vrae aan Sam Mashinini, Vrystaatse LUR vir polisie, paaie en vervoer, rig om uit te vind waar die implementering van die polisie se beleid in die Vrystaat staan.

Meer oor:  Roy Jankielsohn  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.