Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Boere in VS omgekrap oor Agri SA se dubbelpratery

Die terugtrekking van ’n gesamentlike mediaverklaring van Agri SA en die TLU SA het tot groot ontevredenheid onder veral Vrystaatse boere gelei.

Lede van Vrystaat Landbou (VL) het met ’n petisie teen Agri SA se stap begin. Vrystaat Landbou (VL) is deel van Agri SA.

Albei landbou-organisasies het in die verklaring kommer oor die veiligheidsituasie in landelike gebied uitgespreek, veral omdat die regering weier dat boere gebiede patrolleer.

Pierre Vercuiel
Pierre Vercuiel, president van Agri SA. Foto: Agri SA

Pierre Vercuiel, president van Agri SA, sê hy het die verklaring teruggetrek omdat hy nie gemaklik gevoel het met die sterk bewoording daarvan nie.

Vercuiel sê die feite in die verklaring is reg, maar die verwysing na die “onbeholpenheid van die regering” en in Engels dat boere “fedup” is, was te sterk.

Vercuiel sê dit is maklik om te baklei, maar hy glo nie nou is die tyd om die regering aanstoot te gee nie.

“Wat ons al gedurende die staat van inperking reggekry het, is indrukwekkend – veral wat betref die uitvoer van landbouprodukte,” sê hy.

“Die regering vaar eintlik goed vergeleke met die res van die wêreld.”

Boere is die afgelope tyd omgekrap omdat Bheki Cele, minister van polisie, plaas- en buurtwagte verbied het om patrollie te ry.

Die diefstal van landbouprodukte neem in sommige streke erg toe omdat boere nie kan patrollie ry nie en mense begin swaarkry weens die inperkings.

Vercuiel sê daaroor hy glo die ontplooiing van die weermag sal help om diefstal op plase hok te slaan.

Hy verwag ook binnekort ’n amptelike aankondiging dat veeveilings sal kan voortgaan en dat die probleem in die Vrystaat daaroor ook opgelos sal wees.

Die misdaadprobleme het tot die mediaverklaring gelei.

boere
Uit 184 Vrystaatse boere wat aan die aanlyn peiling van VL deelgeneem het, het net 20 gevoel dat die mediaverklaring teruggetrek moes word. Foto: Verskaf

Agri SA het hom onttrek aan die verklaring kort nadat dit uitgereik is, terwyl TLU SA sê hy staan by die verklaring.

’n Boer wat nie sy naam bekend wil maak nie, sê die tyd vir stertswaaiery is verby.

Uit 184 Vrystaatse boere wat aan ’n aanlyn peiling van VL deelgeneem het, het net 20 gemeen die verklaring moes teruggetrek word.

Boere in die Vrystaat is omgekrap omdat hulle by padblokkades gekeer word om verder met landbouprodukte te ry, veeveilings in die Vrystaat verbied is en daar heers verwarring met die reëlings oor die vervoer van plaaswerkers.

Meer oor:  Agri Sa  |  Vrystaat Landbou (Vl)  |  Vrystaat  |  Boere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.