Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Boere sê oor regeringslui en landbougroepe wat praat

Die regering moet keer dat boere laer trek – dáárom reik hulle nou na boere uit. Só verklaar Rauri Alcock van KwaZulu-Natal die regering se teenwoordigheid by Landbouweekblad se grondberaad in Bela-Bela én die afgelope weke se vergaderings tussen topregeringslui en landboubelangegroepe.

“Die ANC besef dalk hulle dryf boere te ver (met uitsprake oor onteiening sonder vergoeding) en dat hulle ’n laertrek moet afweer.”

Alcock se boerderyfamilie is al dekades betrokke by landelike ontwikkelingsprojekte en hy tree as onderhandelaar op in gesprekke met die Ingo­nyama-trust.

“Dis ’n groot stap vir adj.pres. David Mabuza om hierheen te kom,” sê hy. “Die atmosfeer het verander. Daar is nou ’n kommunikasielyn.”

Alcock meen uitsprake oor onteiening is politiekery voor die 2019-verkiesing, maar waarsku dat dit ’n groot uitwerking op beleggingsbesluite het.

“Baie boere belê nie nou in duur infrastruktuur nie. Hulle sit byvoorbeeld nie grensdrade op nie.”

In KwaZulu-Natal probeer suiwelboere hulle verskans deur ooreenkomste met hul werkers te teken oor alles van werkure tot verblyfreg.

Talle wit boere spring ook om bemagtigingsooreenkomste te teken en dié uitreiking is positief, sê Alcock.

Gerrit van Vuuren, ’n prokureur
wat die private grondhervormingsprogram Witzenberg Partnership in Agri Land Solutions (Pals) bestuur, waarsku egter die regering het verwagtinge onder armes geskep.

“Ons moet wegkom van die held­benadering in Suid-Afrika. Die idee dat ’n messias alles gaan oplos.”

Hy sê Mabuza se versekerings dat produktiewe landbougrond nie geraak sal word deur onteiening nie, mag nie meebring dat almal weer op hul louere rus nie.

“Ons land is in die moeilikheid. Almal moet nou die regte ding doen want die regering én die private sektor het ons mense in die steek gelaat.”

Dr. Colin Forbes van Mpumalanga, wat sy plaaswerkers met grondoordragte én opleiding bemagtig het, het gesê dit lyk asof die regering nou bereid is om te luister.

“Maar ons land se toekoms hang daarvan af dat almal hulle dringend verbind tot opheffing en hervorming.”

Toto van der Merwe van die Oos-Kaap het gesê die angstigheid oor onteiening sedert die ANC-kongres in Desember het dalk ’n positiewe nadraai.

“Daar kom nie net sleg uit sleg nie. Ons word gedwing om ’n plan te maak. Kyk, hier is ons nou almal bymekaar om boerdery en landbou te beskerm.”

Hy het AfriForum gekritiseer vir hul besoek aan Amerika. “Wat is die sin om eksterne oplossings te probeer kry vir ’n interne probleem? Dit verswak verhoudinge hier.”

Alcock meen die huidige gesprekke tussen groepe soos Agri SA en die regering het AfriForum uitgerangeer tot randfigure, maar bygevoeg: “Ons het die Malemas en die AfriForums nodig om kwessies tot die uiterstes te strek sodat ons die oplossings in die middel kan kry.”

Meer oor:  Rauri Alcock  |  Grondberaad  |  Boere  |  Landbouweekblad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.