Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Boeremag infiltreer glo staat se IT-stelsel

Die Boeremag het na bewering die polisie en die staat se amptelike inligtingstegnologie- (IT) agentskap geïnfiltreer.

Lt.genl. Khehla Sitole. Foto: Deaan Vivier

ANC- en opposisie-LP’s het Woensdagoggend hul diepe kommer aan die polisie se grootbase, sowel as die hoof van die Staatsinligtingstegnologie-agentskap (Sita), hieroor oorgedra nadat dit onder hul aandag gekom het dat ’n Boeremag-“kabaal” glo veral vir Sita geïnfiltreer het.

Sita behartig onder meer die IT-stelsel van alle staatsdepartemente, wat die nasionale tesourie insluit.

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het aan die komitee gesê die Boeremag-kwessie is ’n “groter nasionale sekuriteitskwessie” wat die polisie tans besig is om te ondersoek.

Dr. Setumo Mohapi, uitvoerende hoof van Sita, het bevestig dat hy die Boeremag-kwessie vir ondersoek by die Valke aangemeld het.

* Volg Netwerk24 vir meer oor hierdie berig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.