Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Bokke besoek parlement ook vlugtig
Siya Kolisi met die Webb Ellis-trofee op die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg. Foto: Deaan Vivier

Die seëvierende Springbok-rugbyspan gaan Maandag op hul Kaapse toer ook vir 15 minute ’n draai in die parlement maak.

Hul oorwinningstoer het Woensdag in Pretoria en Johannesburg afgeskop, waarna dit ook ander stede sal aandoen.

Beauty Dlulane, voorsitter van die portefeuljekomitee oor sport, kuns en kultuur, het Woensdag aangekondig die komitee is baie opgewonde daaroor dat sy uitnodiging aan die Springbokke om ook die parlement op hul oorwinningstoer Maandag in Kaapstad te besoek, aanvaar is.

“Die span sal die parlement omstreeks 12:00 Maandag vir 15 minute lank besoek.”

Dlulane het die Springbokke as “die mense se span” beskryf.

“Die besoek beklemtoon die belangrikheid van hul oorwinning. Dit word opgedra aan alle Suid-Afrikaners, arm en ryk, swart en wit. Suid-Afrika is geëerd dat dié groep spelers ambassadeurs vir die land is.”

Volgens Dlulane sal daar Maandag foto’s geneem word saam met die span op die trappe van die parlement langs die standbeeld van oudpres. Nelson Mandela.

Meer oor:  Parlement  |  Springbok-Rugbyspan  |  Bokke  |  Bokke-Ontvangs  |  Bok-Sege
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.