Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Bosasa: Skielik roer die Valke, NVG

Die eerste amptenare van die departement van korrektiewe dienste (DKD) wat betrek word by die Bosasa-korrupsie kan al teen die einde van volgende maand in hegtenis geneem word.

’n Span aanklaers van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) werk tans deur ’n forensiese verslag oor die korrupsie, die laaste uitstaande taak voordat die saak hof toe kan gaan, het adv. Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die NVG, aan Rapport gesê.

Die klagstaat word tans voorberei  het Rapport van ingeligtes na aan die ondersoek verneem. Dit volg tien jaar nadat ’n proklamasie aan die Valke uitgereik is om die korrupsie in Bosasa en die DKD te ondersoek.

Brig. Hangwani Mulaudzi, Valke-woordvoerder, het ook bevestig dat ’n bykomende dossier, wat “vars” getuienis bevat, opgestel word.

Dié getuienis word deur ’n spesiale span van die Valke, wat saam met die ondersoekers van die Zondo-kommissie werk, ingesamel.
Meer as 460 afsonderlike aanklagte is vervat in die ondersoek wat die Valke en die eenheid vir ernstige ekonomiese misdrywe reeds sedert 2009 ondersoek. Die rede waarom die ondersoeke so lank geneem het, is dié week voor die Zondo-kommissie onthul toe Angelo Agrizzi, Bosasa se voormalige bedryfshoof, getuig het hoe sy baas, Gavin Watson, glo met pres. Jacob Zuma gaan praat het om die vervolging te keer. Hy het ook getuig dat adv. Nomgcobo Jiba, geskorste adjunkdirekteur van die NVG, en adv. Lawrence Mrwebi, hoof van die handelsmisdaad-ondersoekeenheid, deur Bosasa betaal is om korrupsiesake teen die maatskappy uit die howe te help hou.

Die waarde van hoofsaaklik vier hooftenders wat Bosasa vir veiligheid- en spysenieringskontrakte by die DKD ontvang het,

beloop etlike miljarde. Die laaste van dié kontrakte vir spyseniering (vir R3 miljard) is in 2016 toegeken en loop eers in 2020 tot ’n einde. Logan Maistry, DKD-woordvoerder, sê Bosasa (sedertdien herdoop tot African Global Group) het nie meer ’n kontrak vir veiligheidsdienste nie. Die spysenierskontrak geld wel nog.

“Sonder hofsake wat ’n verskaffer skuldig bevind aan vergrype, kan ’n departement nie net blindelings die kontrak beëindig nie,” sê hy.

Die hoofrolspelers in die DKD was Tom Moyane, voormalige DKD-kommissaris en later omstrede hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens; Linda Mti, hoof van tronke, en Patrick Gillingham, finansiële hoof.

Volgens Mfaku is niemand nog  suksesvol weens Bosasa-korrupsie vervolg nie. “Die Valke ondersoek  nog bepaalde aspekte terwyl van die sake reeds op die hofrol geplaas is.”

Meer oor:  Staatskaping  |  Omkopery  |  Korrupsie  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.