Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Bosasa was ‘sindikaat met verskuilde agendas’

Werknemers van Bosasa was “soos ’n sindikaat” wat mense in die staat se tenderafdelings met hul verskuilde agendas vernietig het.

So het Mbulelo Gingcana, vroeër in beheer van verkryging by die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa), Donderdag voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig.

070318w Nuus- Johannesburg-Key appointments to the
Adjunkhoofregter Raymond Zondo

Gingcana het gesê Angelo Agrizzi, oudbedryfshoof van Bosasa, en Richard le Roux, ’n werknemer van Bosasa, was deel van die sage waarin sekere individue glo geteiken is.

Gingcana het gesê die rede dat hy Le Roux voor die kommissie onder kruisverhoor laat neem het, is sodat hy kan verduidelik wat hy vantevore voor die kommissie getuig het en wat gelei het daartoe dat Gingcana sy werk verloor het.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie, het dit aan Gingcana gestel dit kan wees dat hy nie by enige verkeerde dade betrokke was nie en dit kan wees dat Bosasa beplan het om hom by so iets te betrek en dat dit nooit gebeur het nie.

Die getuienis voor die kommissie is dat Bosasa sekuriteitstelsels by bepaalde mense se huise geïnstalleer het wat dalk hul besigheid kon bevorder. Dit kan ook wees dat dit deel van hul plan was om die toerusting by Gingcana se huis aan te bring, maar dat dit nie gerealiseer het nie, het Zondo gesê.

Ek kan nie my loopbaan van 30 jaar opoffer vir ’n sekuriteitstelsel nie.

Volgens Gingcana het hy by ’n ekspo oor sekuriteitstelsels die stalletjie besoek wat deur Syvion Dlamini, destydse direkteur van Bosasa, beman is. Daar was baie stalletjies, ook dié van Bosasa. Hy het met Dlamini gesels oor die sekuriteitstelsel van sy huis.

Dlamini het in 2016 na Gingcana se huis gegaan en gesê sy sekuriteitstelsel moet opgeknap word. Hierna is dit deur Le Roux gedoen.

Volgens Gingcana het hy by verskeie geleenthede aan Dlamini gevra om ’n rekening te stuur, maar Dlamini het dit nie gedoen nie.

Gingcana het gesê hy wou sy saak voor die kommissie stel, sodat sakelui wat dink hulle kan mense in verkrygingsafdelings omkoop, moet weet hulle kan dit nie doen nie.

“Ek kan nie my loopbaan van 30 jaar opoffer vir ’n sekuriteitstelsel nie,” het hy gesê. “Hulle was deel van ’n sindikaat wat mense vernietig het wat betrokke is by verkrygingsafdelings in hierdie land,” het Gingcana gesê.

Gingcana, wat ná sy werk by Prasa by Burgerlugvaart gaan werk het, is ná die aantygings voor die kommissie teen hom eers geskors en toe afgedank.

“Ek is al 30 jaar ’n professionele beampte in verkryging. Ek kan nie omgekoop word nie. Dit is betreurenswaardig hoe verskaffers die stelsel misbruik,” het Gingcana gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.