Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Bosasa wen sy hofsaak oor likwidasie

Die hooggeregshof in Johannesburg het die likwidasie van die voormalige maatskappy, Bosasa, ongedaan gemaak.

Die hof het Donderdag gelas dat die spesiale besluite wat die direksie van Bosasa, deesdae bekend as African Global Operations (AGO) en sy filiale geneem het om die maatskappy onder vrywillige likwidasie te plaas, nie van krag is nie.

Gavin Watson, uitvoerende hoof van Bosasa.Foto:

Die maatskappy het in ’n hofaansoek aangedui dat hulle die likwidasie “op slegte regsadvies” aangevra het en ook gesê dat die maatskappy nié bankrot is nie.

Die aansoek om likwidasie is gebring nadat die departement van korrektiewe dienste (DKD) kontrakte met Bosasa gekanselleer het. Dit na aanleiding van getuienis deur Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping oor wydverspreide beweerde omkopery deur die maatskappy vir staatskontrakte.

Die maatskappy se direksie het die maatskappy op 12 Februarie onder vrywillige likwidasie geplaas.

Kort daarna is die likwidateurs Cloete Murray, Ralph Lutchman en Tania Oosthuizen aangewys om die maatskappy te bestuur.

Die hof het ook gelas dat die likwidateurs binne 12 ure die beheer van die maatskappy aan die direkteure moet teruggee.

Murray het die aansoek in die hof teengestaan. Hy het onder meer aangevoer dat die maatskappy wel bankrot is en dat die direkteure hul eie aansoek om likwidasie wou omkeer omdat die kollig in die likwidasieproses op die direkteure se sake val. - News24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.