Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Brackenfell: ‘EFF moet vir skade betaal’
Pleks van net 100 betogers soos met die owerhede ooreengekom is, het sowat 2000 mense opgedaag vir die EFF se betoging by die Hoërskool Brackenfell in Kaapstad. Foto: Adrian de Kock

Die Kaapstadse metroraad beoog 'n siviele eis teen die EFF om die skade te verhaal wat tydens Vrydag se betoging aan munisipale eiendom in Brackenfell aangerig is.

Die party het buite die Hoërskool Brackenfell betoog teen bewerings van rassisme by dié skool.

“Voorlopige verslae dui daarop dat ’n brandweerwa uitgebrand is, dat paaie en verkeersligte beskadig is en dat die EFF-betogers ’n veld aan die brand gesteek het,” sê die raad in ’n verklaring. Die koste van die skade moet nog bereken word.

Benewens munisipale eiendom het private ondernemings ook deurgeloop. Motorhandelaars op die hoek van Paradysstraat en Ou Paarlweg se vensters is stukkend geslaan en voertuie op die perseel het ook deurgeloop. Private voertuie is onder klippe gesteek.

“Volgens verslae is verskeie winkels geplunder,” aldus die verklaring.

Twee van die voertuie van die Hyundai-handelaar in Brackenfell wat deur betogers beskadig is. Foto: Twitter/I’m not your friend

Skokgranate, rubberkoeëls en ’n waterkanon is ingespan teen die betogers en minstens agt mense is in hegtenis geneem op aanklagte van openbare geweld.

’n Inwoner van Brackenfell het ondanks ’n versoek van owerhede probeer om die toespraak van Marshall Dlamini, sekretaris-generaal van die EFF, te ontwrig. Dié man is een van die mense wat in hegtenis geneem is.

Voor die betoging het die raad aansoek om ’n dringende hofbevel gedoen om die optog te keer. Dit is van die hand gewys.

Dan Plato, burgemeester van Kaapstad. Foto: Argief

Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, sê die EFF het die hof en die polisie se voorwaardes verbreek.

“Die EFF het dit duidelik gemaak dat hy geen agting het vir die oppergesag van die reg nie. Die stadsbestuurder het my ingelig dat senior amptenare die koste van die skade aan die infrastruktuur van die stad beraam.

“Sodra ’n volledige assessering gedoen is, sal die raad die koste van die EFF verhaal.

“Ek wil die publiek verseker dat ons nie wetteloosheid in die stad sal duld nie. Die EFF sal verantwoordelik gehou word vir die skade wat aangerig is,” sê Plato.

“Waar private eiendom tydens die protesoptrede beskadig is, wil ek die eienaars aanmoedig om die raad in kennis te stel sodat ons regspan die moontlikheid van gesamentlike optrede teen die EFF kan oorweegl,” het hy bygevoeg.

Meer oor:  Rassisme  |  Eff  |  Brackenfell
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.