Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Getuienis oor Valke voor Zondo

19:24

Joubert het klaar getuig. Die volgende getuie is kol. Welcome Mhlongo, ''n polisiebeampte van KwaZulu-Natal, wat volgens getuienis voor die kommissie betrokke was by 'n sameswering om van Mxolisi Nxasana, voormalige hoof van die NVG, ontslae te raak. Hy is ook in die getuienis van genl.maj. Johan Booysen, voorheen hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, geïmpliseer in sy getuienis voor die kommissie.


Terence Joubert, voorheen van die NVG, getuig in die tweede deel van die sitting oor die Valke.

Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, het vroeër vandag voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig.

Molefe, wat van April 2015 tot November 2016 die uitvoerende hoof van Eskom was, het in Januarie in sy getuienis beweer dat pres. Cyril Ramaphosa sy politieke mag misbruik het om die Optimum-myn te bevoordeel.

Molefe het ook getuig dat hy al drie die Gupta-broers ken en dat hy die meeste kontak met Ajay Gupta gehad het. Hy was verskeie kere in hul huis en het familie- en private gesellighede bygewoon.

Molefe het ontken dat die Guptas die mag gehad het om oor sy loopbaan te besluit.

  • In die tweede sessie vandag, wat ná 16:00 begin, gaan kol. Welcome Mhlongo van die Valke in KwaZulu-Natal asook Terence Joubert, voorheen ’n risikospesialis van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), getuig.
02 Mrt. 13:11:35

Die sitting verdaag vir middagete.

02 Mrt. 11:40:04

Die sitting verdaag tot 11:50.

02 Mrt. 10:17:53

Die sitting begin.

Meer oor:  Brian Molefe  |  Staatskaping  |  Politiek  |  Zondo-Kommissie  |  Eskom  |  Valke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.