Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Brian Shivambo dreig met hof oor VBS-bewerings

Brian Shivambu ontken dat hy enige sake met VBS Mutual Bank gedoen het.

In ’n verklaring wat Donderdag uitgereik is, sê die broer van Floyd Shivambu, EFF-onderleier, hy beoog regstappe vir naamskending.

Sy naam en dié van 49 ander het opgeduik in ’n verdoemende forensiese ondersoekverslag wat daarop dui dat sowat R1,9 miljard van VBS geplunder is.

Adv. Terry Motau SC, wat deur die Reserwebank se omsigtigheidsowerheid aangestel is om VBS te ondersoek, het in sy verslag “The Great Bank Heist” strafregtelike klagte teen 50 mense – waaronder Shivambu aanbeveel.

Shivambu het luidens die verslag R16 miljoen van die VBS ontvang.

Ek het nooit enige munisipaliteit of potensiële deponeerder ontmoet of hulle aangemoedig om geld by VBS te deponeer nie omdat dit nie is wat ek doen nie.

Hy wys egter in sy verklaring daarop dat sy maatskappy, Sgameka Projects, in 2017 aangestel is om professionele konsultasiedienste aan Vele Investments in hul myn- en versekeringsondernemings te verskaf.

“Sgameka Projects het nie enige werksverhouding met VBS Mutual Bank nie en het nooit enige betalings van VBS Mutual Bank ontvang nie,” lui die verklaring.

Vele Investments het volgens Shivambu gedurende die kontraktydperk aanbeveel dat, aangesien hulle by VBS bank, sy maatskappye en hy as direkteur ’n bankrekening by VBS moet open om betalings te vergemaklik.

Sgameka Projects het sedert 2017 dienste aan Vele Investments gelewer en het maandelikse betalings ontvang soos in die kontrak uitgestippel word.

Hy is nooit deur die ondersoekers genader vir ’n onderhoud of verduideliking oor sy verhouding met VBS nie.

“As hulle die moeite gedoen het om my te kontak, sou ek bevredigend aan hulle gedemonstreer het dat ek geen sake met VBS gehad het nie. Dit is ontstellend en onwettig om andere te veroordeel sonder om die geleentheid te bied om hul kant te stel,” lui sy verklaring.

Shivambu wys daarop dat die verslag besonderhede van mense bevat wat regstreeks of onregstreeks ’n rol gespeel het om deposito’s in VBS te beïnvloed en dat dit nêrens sy rol in die sake van VBS verklaar of insinueer nie.

“Ek het nooit enige munisipaliteit of potensiële deponeerder ontmoet of hulle aangemoedig om geld by VBS te deponeer nie omdat dit nie is wat ek doen nie.”

Hy is bereid om met wetstoepassingsagentskappe saam te werk.

“Ek glo dat enigiemand wat skuldig bevind word aanspreeklik gehou moet word en geld wat onwettig geplunder is, behoort terug betaal te word. Net so is ek van plan om regstappe te doen teen die eienaars van die VBS-verslag vir naamskending ten opsigte van myself, my maatskappy, sowel as vir die druk wat dié verslag op my familie geplaas het.

“Ek weet dat my broer se naam genoem is met betrekking tot die kwessie. Ek is ’n private sakeman en nie van plan om myself of my familie by politieke debatte te betrek nie,” lui sy verklaring.

Meer oor:  Eff  |  Floyd Shivambu  |  Adv. Terry Motau  |  Brian Shivambo  |  Vbs Mutual Bank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.