Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Britte ondersoek Bell Pottinger se direkteure
Kevin Read, die Bell Pottinger-vennoot Foto: Twitter

Die Britse insolvensiediens, ’n regeringsliggaam, het ’n ondersoek gelas na die voormalige direkteure van die reklame-maatskappy Bell Pottinger, wat verlede jaar ineengestort het nadat dit aan die lig gekom het dat die maatskappy werk gedoen het vir die omstrede Gupta-familie, luidens ’n berig deur die Financial Times.

In die berig wat Sondagaand gepubliseer is, sê die koerant hy het briewe onder oë gehad waarin die firma sy voormalige vennote van die ondersoek in kennis stel.

James Henderson, uitvoerende hoof van Bell Pottinger.

Die ondersoek het te doen met die moontlike versuim van pligte, en ander wangedrag wat verband hou met die Guptas se Oakbay-rekening, sê die firma in sy skrywe.

Bell Pottinger is in September verlede jaar onder administrasie geplaas ná erge finansiële verliese, toe talle van sy kliënte hul kontrakte met die firma beëindig het.

Victoria Geoghegan, die senior vennoot wat vir die Gupta-rekening verantwoordelik was. Foto: Twitter

Die maatskappy is ook uit Brittanje se vereniging vir skakel- en kommunikasiemaatskappye geskop.

’n Komitee van dié vereniging het vroeg in September beslis Bell Pottinger se Suid-Afrikaanse veldtog het rassespanning in Suid-Afrika aangeblaas.

Volgens die Financial Times is die insolvensiediens by magte om die direkteure vir tot 15 jaar te diskwalifiseer, en hy kan die direkteure hof toe te sleep om te verhoed dat hulle weer in die raad van liefdadigheidsorganisasies dien, of as prokureurs of rekenmeesters werk.

Die Britse insolvensiediens het volgens die Financial Times nie dadelik op sy navrae gereageer nie, maar het aan Fin24 bevestig dat hy wel Bell Pottinger se direkteure ondersoek.

Meer oor:  Bell Potinger  |  Staatskaping  |  Guptas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.